BETER BELOFTES, LEWENDE HOOP

David Wilkerson (1931-2011)

Onder die Ou Verbond, was al wat die Israeliete gehad het, die belofte dat God hulle sou seën as hulle gehoorsaam was. Vandag, onder die Nuwe Verbond, het ons ‘n “beter belofte.” “[Christus] ook Middelaar is van ‘n beter verbond wat op beter beloftes wettelik gegrond is” (Hebreërs 8:6).

Hierdie “beter belofte” beteken ons almal sal Hom ken. Ons het nie net ‘n hoëpriester wat in God se teenwoordigheid ingaan vir ons nie. Nee – ‘n voorhangsel was in twee geskeur, sodat ons almal in die teenwoordigheid van God kon inkom!

Beskou alles wat die aan Here ons belowe het:

  • Sy wette word in ons harte geskryf. Sy Heilige Gees woon in ons en Christus self is altyd met ons.
  • Versoening met God: genesing, barmhartigheid en vergifnis deur eenvoudige bekering en geloof.
  • Die krag en gesag om enigiets in Jesus se Naam te vra. Krag oor sonde. Krag oor Satan. Geen wapen is in staat om iets teen ons uit te rig nie.
  • Toegang tot die Vader. Hy verskaf ‘n troon waarheen ons kan vlug in die uur van nood. Hy verlos ons van oorweldigende versoekings. En ons geniet ‘n konstante openbaring van die teenwoordigheid van Jesus.
  • Rus deur eenvoudig te vra en te vertrou. Vrede bo alle menslike begrip en vryheid van alle vrees al die dae van ons lewens.

Hy het dit alles aan ons belowe! Tog is daar so baie Christene wat in vrees, twyfel en verwarring leef – en altyd bekommerd is. Hulle glo Hom nie en eien Sy kosbare Woord nie toe nie; hulle tree in werklikheid op asof Hy nooit sulke beloftes gemaak het nie.

Ons het immers baie minder rede om te twyfel en te vrees as wat ons voorvaders gehad het. Ons vyande vandag is nie fisiese leërs nie; dit is spanning, vurige versoekings van die vlees, moegheid van liggaam en siel, ‘n gewelddadige en komplekse samelewing, nuwe en subtiele booshede wat geen ander geslag beleef het nie. Maar God het ons egter belowe dat waar sonde toeneem, ons meer genade het om daarteen te stry as enige ander geslag in die geskiedenis.