BESTEM VIR OORWINNING

Carter Conlon

Toe Koning Jósafat bevind het dat hy omring was deur vyande, sê die Skrif vir ons, “Maar Jósafat het geskreeu, en die HERE het hom gehelp, en God het hulle van hom af weggelok” (2 Kronieke 18:31).

Daar was ‘n uitroep in Jósafat se hart: “O, God, ek het geluister na stemme waarna ek nie moes geluister het nie en by mense rondgekuier wat my geestelike krag getap het. God, sal U nog een keer toelaat dat ek lewe? Sal U teen my vyande veg en my na ‘n plek van oorwinning neem? Gee vir my ‘n stem om my in staat te stel om u volk weer na geregtigheid te lei!”

En God het gesorg dat Jósafat se vyande van hom af weggaan het.

GAAN TERUG NA DIE PLEK VAN STERKTE

Ek voorsien moeilike dae voor ons. Maar te midde van daardie moeilikheid, sien ek menigtes – “Jósafats” – van oral oor hierdie land, wat op die verkeerde pad is, uiteindelik opstaan en sê, “Ek gaan terug na daardie plek van sterkte en oorwinning wat vir my behaal is op Gólgota. Ek gaan op my knieë voor die Here buig, selfs as dit beteken om my eie planne en ambisies te laat vaar om die wil van die Een wat vir my gesterf het te vind.”

MEER AS OORWINNAARS

Kom wat wil, onthou dat as God se mense is ons nie bestem vir nederlaag nie. Ons is nie bestem om omvergewerp te word soos die profete met mooi woorde wat nie die hart van God ken nie.

  • Ons is bestem om in oorwinnig te leef
  • Ons is bestem om meer as oorwinnaars in Christus te wees

En daarom is dit tyd om ons eie planne neer te lê en weer tot God uit te roep ter wille van ons huise, ons families, hierdie geslag en die toekoms van ons stede. Dit sal nie ‘n populêre tyd wees om vir God te staan nie, maar daar sal ‘n glorieryke aanraking van die Heilige Gees wees op diegene wat die sin het om tot God uit te roep.

 

Carter Conlon het aangesluit by die pastorale personeel van Times Square Church in 1994 op uitnodiging van die stigterspastoor, David Wilkerson en was aangestel as Senior Pastoor in 2001.