BESKERMENDE DRAG

David Wilkerson

Toe Moses die stem van God uit die brandende bos gehoor kom het, was hy verbaas oor wat God hom gevra het om te doen: “Moenie nader kom nie. Trek jou skoene van jou voete af, want die plek waar jy op staan, is heilig” (Exodus 3:5). God sê vandag vir elke Christen dieselfde ding wat Hy vir Moses gesê het: “Daar is net een grond waarop jy My kan nader en dit is heilige grond. Jy kan nie enige vertroue in jou vlees stel nie, omdat geen vlees in My teenwoordigheid kan staan nie.”

Waarom het God gefokus op skoene in hierdie gedeelte? Wat het dit te doen daarmee om die vlees neer te lê? Ons voete is sagte dele van ons liggaam en skoene is deel van die beskerming van ons vlees. Dit beskerm ons teen die elemente, van klippe, van slange, van vuilheid en stof, van die warm sypaadjie.

So, vir Moses, het God ‘n alledaagse, gewone ding gebruik om ‘n geestelike les te leer, net soos Jesus later geldstukke, pêrels, kamele en mosterdsade gebruik het. God het in wese gesê, “Moses, jy moet beskermende drag dra om jou vlees teen beserings te beskerm, maar geen hoeveelheid vleeslike beskerming kan jou bewaar nie. Waarheen Ek jou stuur, sal ‘n wonderwerk van verlossing vereis.”

Waarheen het God Moses gestuur? Na Egipte –  daardie lêplek van ongeregtigheid –  om ‘n geharde diktator aan te vat. Moses moes alle vertroue op jou vlees eenkant toe skuif: sy sagmoedigheid, ywer en nederigheid. Al jou vermoëns sal nutteloos wees, tensy God dit heilig. Moses moes sy algehele vertroue in God se Naam en krag plaas.

Moses sou inderdaad allerhande soorte toetse en beproewings trotseer. Hy was op die punt om 3 miljoen mense in die woestyn in te lei waar daar geen plek was om kos te koop of water te kry nie. Hy sou op God moes vertrou om alles bonatuurlik te voorsien!

God vra dieselfde vraag, wat Hy vir Moses gevra het, vir ons. Is ons gewillig om ons eie vermoëns en ambisies neer te lê en heeltemal op Hom te vertrou? Sal ons al ons vertroue in Hom stel in plaas van in ons eie gawes en planne?