BEREIK JOU HOOGSTE BESTEMMING

Gary Wilkerson

“Maar rig jou op en staan op jou voete, want hiertoe het Ek aan jou verskyn om jou te bestem tot ‘n dienaar en getuie van die dinge wat jy gesien het en van die dinge waarin Ek nog aan jou sal verskyn” (Handelinge 26:16).

“Paulus, ‘n geroepe apostel van Jesus Christus deur die wil van God ... aan die gemeente wat in Korinthe is, aan die geheiligdes in Christus Jesus, die geroepe heiliges, saam met almal wat die Naam van onse Here Jesus Christus in elke plek aanroep, hulle sowel as onse Here” (1 Korinthiërs 1:1-2).

Hierdie twee verse vergestalt die groot bestemming wat God vir Paulus gehad het toe Hy die eerste keer aan hom verskyn het op die pad na Damaskus. Die eerste ding wat Jesus doen wanneer Hy op die punt is om ons lewe te verander, is om aan ons te verskyn. Miskien nie in fisiese vorm nie, maar Hy begin om al die verskil in die wêreld te maak en keer ons lewens onderstebo. Nadat Hy vir ons sê “staan op jou voete,” begin Hy aan ons sy nuwe bestemming openbaar.

Daar is ‘n tydperk wat aan ons gegee is om op die aarde te wees (sien Hebreërs 9:27), maar ons word nie net gered om hemel toe te gaan wanneer ons sterf nie. Nee, God het ‘n bestemming vir elkeen van ons. Jesus het vir Paulus ‘n spesifieke bestemming in sy lewe gegee en ons sien in Handelinge 26:14 dat dit was om ‘n “dienaar en getuie” te wees.

As Christen, is jy geroep om te dien en om ‘n getuie te wees van Jesus Christus teenoor diegene rondom jou. Wat het God vir jou gedoen? Wat het jy gesien God doen vir ander?

Op ‘n ander keer het Jesus gesê, “Gaan dan heen, maak dissipels ... En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld” (Matthéüs 28:19,20). Omdat jy ‘n dienaar van Christus is, is Hy altyd met jou en Hy rus jou toe om ‘n getuie te wees teenoor die wat jy teëkom. Dit is jou hoogste bestemming!