BEMOEDIGING VIR DIEGENE WAT ONVERHOEDS GEVANG IS DEUR DIE DUIWEL

David Wilkerson (1931-2011)

In Jesaja 51, bring die Here ‘n kragtige boodskap aan almal wat geregtigheid najaag. Hy sê, “Luister na My, julle wat die geregtigheid najaag, wat die HERE soek” (51:1).’n Paar verse later, roep hy diegene “wat die geregtigheid ken, volk in wie se hart my wet is” (51:7). Toe Jesaja hierdie boodskap gelewer het, was sy onmiddellike gehoor Israel, maar God rig hierdie oproep aan elke toegewyde gelowige vandag – almal wat Jesus najaag met ‘n toenemende passie. Later spreek God sy hoorders aan as “ellendige, en jy wat dronk is, maar nie van wyn nie” (51:21).

In die tyd wat Jesaja geprofeteer het, was Israel slawe van Babel en God wou hê sy kosbare volk moes weet dat Hy hulle benarde posisie raakgesien het. Net so, spreek Hy vandag met elke Christen wat vasgevang geraak het in een of ander verslawing. Dit maak nie saak of hierdie verslawing fisies of geestelik is nie – dit maak nie vir God saak nie. Sy oog is op elke heilige wat steier onder die gewig van ‘n verskriklike las en Hy gee vir hulle hierdie woord:

“Moenie vir ‘n oomblik dink dat hierdie las oor jou gekom het as gevolg van sonde nie. In teendeel, jy loop deur onder ‘n direkte aanval van Satan. Die vyand van jou siel beskuldig en teister jou en nou, soos ‘n persoon wat dronk is van wyn, is jy beneweld van die effek daarvan. Jy is onverhoeds gevang deur die duiwel, maar Ek wil jou aandag hê, want ek het ‘n boodskap om jou mee te deel.”

As jy ‘n donker nag van die siel verduur en belas is met sondige boeie of sit op ‘n ashoop van veronderstelde mislukking, het God ‘n boodskap net vir jou: “Kyk, Ek neem die beker van bedwelming uit jou hand ... Maar Ek sal dit in die hand gee van die wat jou droefheid aandoen” (Jesaja 51:21-23).

Die Here sê, “Ek is hier om jou saak te bepleit, om vir jou in te tree. Ek sal die beker van vrees van jou af wegneem wat jou lewe teister en dit in die hande plaas vir diegene wat jou verdruk. Ek sal nie toelaat dat hierdie teistering voortgaan nie.”