BEMOEDIGING UIT SY WOORD

David Wilkerson

Ek beveel aan jy bestee tyd om die kragtige woorde van Psalms 142 en 143 te lees om jou geloof te versterk. Terwyl ek dit gelees het, het ek gewonder waardeur Dawid gegaan het toe hy gesê het, “As my gees in my versmag, dan ken U my pad” (Psalm 142:4). Hy herhaal dit in 143:4: “En my gees versmag in my, my hart verstyf in my binneste.” Dawid sê in werklikheid vir God, “Ek verdrink in swaarkry. Ek word aangeval deur my vyande. Dit kry my onder.” Hy het tot die Here uitgeroep, “Luister na my smeking, want ek is baie swak . . . Lei my siel uit die gevangenis” (142:6-7).

Geliefde, hierdie woorde is om ons onthalwe geskryf, om vir ons ‘n les te wees. Hier is die bemoediging vir al God se kinders wat oorweldig word deur swaarkry en verdrukkinge.

Die meeste van ons leef in der waarheid in ‘n wêreld waar die lewe soms oorweldigend kan wees. Soos Dawid, beleef ons ‘n stroom van moeilikheid; ons word verdruk selfs in ons geregtigheid.

Dit is gedurende ons oorweldigende tye wanneer ons leer om God te soek en leer om uit te roep in ons lyding. Dawid sê, “Ek stort my klagte uit voor sy aangesig; ek maak voor sy aangesig my nood bekend” (142:3). “Verhoor my in u trou” (143:1). Word jy ook nou oorweldig deur omstandighede in jou lewe? Doen wat Dawid gedoen het:

“Ek brei my hande tot U uit; my siel dors na U soos ‘n uitgedorde land” (143:6).

Wees bemoedig. God het alles onder beheer! Hy sal jou nood betyds tegemoetkom.