BEMAGTIG OM TE DIEN

Gary Wilkerson

“Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het” (Galásiërs 2:20).

Ek kon ‘n tien-jaar reeks doen oor hoe om betrokke te raak in bediening en dit sou geen effek hê nie. Maar deur die kruis en dit wat Jesus daar gely het te onthou, laat die hart van die dienaar binne-in hom opspring. Jy kan nie by die kruis kom as ‘n gebroke, vuil, waardelose sondaar en dan verlos, geheilig en geliefd wees deur ons Verlosser sonder om verander te word nie. Wanneer jy by die kruis van Jesus kom, besef jy, “Ek is met Christus gekruisig.”

Wanneer jy in die krag van die gekruisigde Christus leef, kan jy nie anders as om Hom te dien nie. Jy hoef nie gevra te word om ‘n dienaar te wees nie; niks kan jou in werklikheid keer om betrokke te raak in bediening nie. Jy sal jou lewe sorgvuldig beplan omdat diens natuurlik uit jou sal voortspruit.

Ons kan nie verander deur skuldig te voel en dan vir onsself te sê om ‘n bietjie harder te probeer nie. Nee, ons kan dit nie self doen nie, maar die dood, begrafnis en opstanding van Jesus gee ons krag om ons lewens neer te lê vir Hom en vir ander. Ons kyk rond en sien dat talle mense ‘n nood het – mense is soekend na ‘n kerk wat vol liefde is. Hulle mag moontlik ‘n verskriklike week gehad het, maar wanneer hulle deur die deure van die Here se kerk loop, moet hulle sien en voel dat daar iets anders in daardie plek is.

Omdat ons “met Christus gekruisig is,” kan ons dienaarshart ander bereik met Sy liefde en hulle ook help om te verander.