Belydenis wat Genesing Bring

David Wilkerson (1931-2011)

Die apostel Paulus sê: “Maar wat sê dit? Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart. Dit is die woord van die geloof wat ons verkondig: As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word; want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding. Want die Skrif sê: Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaam word nie” (Romeine 10:8-11, AFR53).

Eenvoudig gestel, ons word tot redding gebring deur ons openlike belydenis van bekering. Jesus sê: “Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering” (Matthéüs 9:13). Hy sê dat bekering die manier is hoe ons genees en herstel word: “Die wat gesond is, het die geneesheer nie nodig, maar die wat ongesteld is. Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering” (Lukas 5: 31-32).

Dit is goeie nuus. Jesus sê in wese vir ons: “In my kerk word almal genees deur bekering. Dit maak nie saak wie jy is nie – die liggaamlik gebrokenes, geestesongesteldes, geestelik siekes – want almal moet op dieselfde manier na My toe kom. Almal vind genesing deur bekering.”

Wat is die sentrale boodskap van Christus se evangelie? Hy maak dit in al vier evangelies duidelik. “En nadat Johannes oorgelewer was, het Jesus in Galiléa gekom en die evangelie van die koninkryk van God verkondig en gesê: Die tyd is vervul en die koninkryk van God het naby gekom; bekeer julle en glo die evangelie” (Markus 1:14-15). Dit was Jesus se eerste opgetekende boodskap en Hy het bekering gepreek!

Vir sommige Christene klink dit miskien na aanmatigende taal. Hulle antwoord moontlik: “Goed, maar hoe ernstig het Jesus bekering verkondig?” Lukas antwoord daarop in sy evangelie. Jesus het vir sy toehoorders gesê: “Maar as julle jul nie bekeer nie, sal julle almal net so omkom” (Lukas 13:5).

Hoeveel kerke maak nie hul altare oop vir mense met gebroke harte om na vore te kom en hulle te bekeer nie? Hoeveel predikante het opgehou om uitnodigings te gee vir hierdie allerbelangrike geestelike werk?

Ons moenie alle sin van ons behoefte om sonde te bely, verloor nie.