BEKOM ‘N DIENAARSHART

David Wilkerson (1931-2011)

Paulus, voorheen bekend as Saulus van Tarsus, was op die pad na Damaskus saam met ‘n klein leërmag om Christene gevange te neem, terug te bring na Jerusalem, hulle in die tronk te stop en te martel. Maar Jesus het aan Saulus verskyn op die Damaskus pad en hom verblind, “En drie dae lank het hy niks gesien nie, en niks geëet of gedrink nie” (Handelinge 9:9).

In daardie drie dae se tyd, was Saulus se gedagtes vernuwe. Hy het die hele tyd in intense gebed deurgebring, sy vorige lewe in oënskou geneem en hy het begin verafsku wat hy was. Dit is toe Saulus Paulus geword het.

Hierdie man was baie trots, vol misleide ywer. Hy het die goedkeuring van ander hoogmoedige godsdienstige manne gesoek maar later het hy gesê, “Ja waarlik, ek ag ook alles skade om die uitnemendheid van die kennis van Christus Jesus, my Here, ter wille van wie ek alles prysgegee het en as drek beskou, om Christus as wins te verkry” (Filippense 3:8).

Paulus was ‘n man wat kon sê, “Eens op ‘n tyd was ek iemand. Al my tydgenote, insluitende my mede-Fariseërs het opgekyk na my. Ek het die leer geklim en ek was ‘n heilige man geag, ‘n magtige leraar van die wet. Ek het ‘n reputasie in die land gehad en was vlekkeloos in die oë van die mense.

“Maar toe Christus van my besit geneem het, het alles verander. Die strewes, die kompetisie – alles wat ek gedink het betekenis aan my lewe gee – was oorgegee. Ek het besef ek het die Here heeltemal gemis.”

Paulus het gedink sy godsdienstige ambisies – sy ywer, sy kompterende gees, sy werke, sy besig wees – was alles geregtigheid. Maar Christus het aan hom geopenbaar dat dit alles vlees was, alles vir self. Daarom het Paulus gesê, “Ek het alle begeerte na sukses en erkenning prysgegee en ek het besluit om ‘n dienskneg te wees” (sien 1 Korinthiërs 9:19).

As jy begeer om ontledig te word van self, ambisie en wêreldse reputasie, moedig ek jou aan om Paulus se voorbeeld te volg. Ek weet van geen ander manier om ‘n dienaarshart te kry behalwe deur gebed nie.