BEGIN VANDAG GRAWE!

David Wilkerson (1931-2011)

Matthéüs sê vir ons Jesus het met gelykenisse gespreek: “Al hierdie dinge het Jesus deur gelykenisse vir die skare gesê ... sodat vervul sou word die woord wat gespreek is deur die profeet: Ek sal my mond open deur gelykenisse; Ek sal uitspreek dinge wat verborge was van die grondlegging van die wêreld af” (Matthéüs 13:34-35).

Jesus het ‘n gelykenis oor die skat in die veld vertel: “Verder is die koninkryk van die hemele soos ‘n skat wat verborge is in die saailand, wat ‘n man kry en wegsteek; en uit blydskap daaroor gaan hy en verkoop alles wat hy het, en koop daardie saailand” (Matthéüs 13:44).

Die saailand verteenwoordig elke gebied in die wêreld waar die evangelie verkondig en ontvang word. En die man wat in die veld werk, verteenwoordig almal wat Jesus dien. Hierdie man het van ‘n betroubare bron verneem dat ‘n skat êrens in daardie saailand begrawe is – die skat van om te weet dat Christus al is wat hy nodig het. Alle blydskap, leiding en doel, trouens, die rykdom van die hemel, is syne in Jesus. So, terwyl die ander werkers halfhartig werk, begin hy vurig te grawe om die skat te vind.

Snaaks genoeg, wanneer hy die skat kry, steek hy dit dadelik weg. Waarom? Want hy wil seker maak dat hy nie daarvan beroof word nie. Hy wil nie hê iemand moet sy aandag aflei van die groot waarheid wat hy in Christus gevind het nie.

As Jesus sê dat die werker in die land “verkoop alles wat hy het, en koop daardie saailand,” dui dit daarop dat ons, ons selfvertroue en goeie werke, ons vrees en twyfel verruil vir sy groot gawe van die lewe. Ons verruil ons tyd, ons gedagtes, ons wil, ons planne om die lewende water, die brood van die lewe, blydskap en vrede te koop.

Wat is die skat vir jou werd? Om Hom te win, moedig ek jou aan om te begin grawe vandag nog!