BEDIENING AAN DIE BEHOEGTIGES

Claude Houde

Jesus het vir sy dissipels gevra, “Wie sê die mense is Ek?” (sien Markus 8:27). Hierdie vraag is verfrissend en ontsettend belangrik vandag. Wat dink ons sekulêre wêreld? Wat is die persepsie oor die kerk in ons hedendaagse wêreld?

Laat my asseblief toe om dit so duidelik te sê as wat ek kan, met goedheid en opregtheid, terwyl ek die waarheid in liefde spreek. My reise om die wêreld het my die geleentheid gegee om duisende leiers te ontmoet en ek is in direkte kontak met hul kerke. Dikwels is ek bang dat die hedendaagse kerk sag is en meedoënloos wegval tot in ‘n heerlike kranksinnigheid. Dierbare leser, daar is baie definisies van kranksinnigheid en een van die mees gepaste is: “om dieselfde ding op dieselfde manier oor en oor te doen en ‘n ander resultaat te verwag.” Dit is kranksinnig!

Meer as 90 persent van Noord Amerikaanse kerke het geen betekenisvolle groei in 20 jaar getoon nie, maar ons sien geen behoefte om enigiets te verander nie!

Dierbare leser, Abraham, die vader van geloof, het gevangenes vrygemaak, vir die armes geveg, putte gegrawe en die hongeres gevoed. Honderde skitterende beloftes, streng waarskuwings en duidelike gebooie van Génesis tot Openbaring motiveer, roep en daag ons uit om die behoeftiges te bedien. Profete en aartsvaders in die Skrif het vrygewigheid onderrig en gedemonstreer. Die geskiedenis van die kerk skyn die helderste wanneer sy haarself toewy aan die verdediging van die verdruktes en in haar ware roeping en doel wandel. Die Seun van God het gestalte gegee aan al die begeertes en voornemens van die ewige, onveranderlike, goddelike Drie-eenheid toe Hy onder die armstes gekom het, die honger menigtes gevoed het en elke soort siekte en lyding genees het.

 

Claude Houde is die hoofpastoor van Eglise Nouvelle Vie (Nuwe Lewe Kerk) te Montreal, Kanada. Onder sy leierskap het Nuwe Lewe Kerk gegroei van ‘n handjievol mense na meer as 3500 in ‘n deel van Kanada met min suksesvolle Protestante kerke.