BAKLEI VIR JOU GELOOF

David Wilkerson

Daar kom ‘n tyd waarin alle gehuil op ‘n einde moet kom. Dit is dan wanneer God se kinders uitstyg bo hulle smart, bo hulle vreeslike onheilspellende gedagtes en hulle baklei terugkry.

In die Nuwe Testament in Hebreërs weerklink Jesaja se woorde:

“Versterk daarom die slap hande en die lam knieë en loop die reguit pad. Dan sal wat lam is, nie uit lit raak nie, maar gesond word” (Hebreërs 12:12-13).

In wese is die bedoeling hier: “Moenie bly lȇ nie. Staan op en baklei vir jou geloof. Moenie ingee as gevolg van seer of bewende knieë nie; in plaas daarvan, hou aan hardloop. As jy toegee aan vrees en bekommernis, mag jou geloof dalk knak.” 

Nadat ‘n tydperk van gehuil deurgegaan is, kom daar ‘n tyd om te baklei!

BESKULDIGINGS RONDSLINGER

Beskou die verlammende reaksie van Dawid se leër oor hulle katastrofiese neerlaag by Siklag. Nadat hierdie helde geween het, het hulle woedend geword en Dawid geblameer dat hy die ramp toegelaat het. Hulle was so verbitterd deur hulle verskriklike ongeluk dat hulle klippe opgetel het om hom dood te maak. (Lees die verhaal hiervan in 1 Samuel 30:1-6).

In my opinie, is dit presies wat die meerderheid van mense op hierdie oomblik doen rakende die huidige toestand in die wȇreld. Hulle draai na links en na regs en vra, “Wie is te blameer vir hierdie ellende? Alles is ‘n gemors.”

LAAT DIT DAAR – EN BAKLEI

Ek noop alle volgelinge van Jesus: Vergeet hoe jy daar gekom het. Vergeet van wie verantwoordelik is. Die belangrikste van alles, vergeet van jou eie, “wat as” – “As ek maar net dit of dat gedoen het, dan was my finansies in orde en my lewe beter.” As jy vasklou aan sulke gedagtes, sal jou vrees in ‘n woede verander of in ‘n ander verlammende, afbrekende geestelike toestand. Die Here het ‘n ander plan vir van al jou energie. Sy woord beveel ons, “Nou is die tyd om te baklei vir jou geloof!”