ASOF JESUS SELF GEBID HET

David Wilkerson (1931-2011)

Om krag in Christus se Naam op te eis is nie een of ander ingewikkelde, verborge teologiese waarheid nie. Biblioteke is vol boeke wat geskryf is oor die onderwerp van Jesus se Naam alleen, wat die outeurs geskryf het om gelowiges te help om die diep implikasies wat verborge is in Christus se Naam te verstaan. Die meeste van hierdie boeke is so “diep,” dit is bokant die vuurmaakplek van die lesers.

Ek glo die waarheid wat ons bedoel is om te begryp rakende Jesus se Naam, so eenvoudig is dat ‘n kind dit kan verstaan. Dit is eenvoudig die volgende: wanneer ons ons versoeke rig in Jesus se Naam, moet ons ten volle oortuig wees dat dit dieselfde is asof Jesus self die Vader vra. Hoe kan dit waar wees?

Ons weet dat God sy Seun liefgehad het. Hy het met Jesus gepraat en Hom geleer gedurende sy tyd op die aarde, en God het Hom nie net gehoor nie, maar het elke versoek wat sy Seun gerig het, verhoor. Kortliks, die Vader het nooit sy Seun enige versoek geweier nie.

Vandag is almal wat in Jesus glo, beklee met sy Kindskap. En die hemelse Vader ontvang ons net so intiem soos wat Hy sy eie Seun ontvang het. Waarom? Dit is weens ons geestelike eenheid met Christus. Deur sy kruis en opstanding, het Jesus ons een met die Vader gemaak. “Dat almal een mag wees, net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees...Ek in hulle en U in My” (Johannes 17:21,23).

Eenvoudig gestel, ons is nou familie – een met die Vader en een met die Seun. Ons is aangeneem, met al die regte van ‘n erfenis wat deur ‘n kind besit word. Dit beteken al die krag en hulpbronne van die hemel word aan ons beskikbaar gestel – deur Christus. En, omdat ons met Christus se Kindskap beklee is, weet ons, ons versoeke word ook deur die Vader gehoor. En Hy verhoor ons versoeke, net soos Hy dié van sy Seun verhoor het.

Wat ‘n geweldige gesag is aan ons gegee wanneer ons bid in Jesus se Naam.