ALTYD NADER BEWEEG AAN JESUS

David Wilkerson (1931-2011)

Die Here maak gereed om sy Gees op sy kinders uit te stort in hierdie laaste dae en ek weet jy wil deel wees daarvan. Vir dit om te gebeur, moet ons altyd nader aan Hom beweeg – in ons aanbidding, ons gehoorsaamheid en ywer. “Nader tot God, en Hy sal tot julle nader” (Jakobus 4:8).

Menigtes Christene maak voorsiening om hulle te verlustig in sport, films, inkopies en allerhande plesiere, maar hulle wy ‘n afnemende hoeveelheid tyd aan God toe, wat lei tot luiheid van gees. Maar God se genade teenoor ons is grensloos. Jesus verseker ons, “Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word” (Matthéüs 6:33). Die boodskap hier is duidelik: Wy meer van jouself toe aan Hom En Hy sal sy heerlikheid oor jou uitstort.

God verlang daarna om vir ons te doen “ver bo alles wat ons bid of dink” (Efésiërs 3:20). Dit is waarom Hy ‘n volk wil hê wat ‘n rasende aptyt vir Hom sal hê. Hy wil jou vul met sy ontsagwekkende teenwoordigheid, ver bo enigiets wat jy al in jou leeftyd beleef het.

Jesus het gesê, “Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê” (Johannes 10:10).

“Verder dan, broeders, vra en vermaan ons julle in die Here Jesus dat julle, soos julle van ons geleer het hoe julle moet wandel en God behaag, nog oorvloediger mag wees” (1 Thessalonicense 4:1).

“Daarom, my geliefde broeders, wees standvastig, onbeweeglik, altyd oorlvoedig in die werk van die Here” (1 Korinthiërs 15:58).

Die Griekse woord vir oorvloedig beteken om te oortref, uit te blink – om genoeg te hê en nog meer, bo en behalwe, oormatig, uitermate oorvloedig, buite mate. Paulus sê in wese, “God se heerlikheid in jou lewe gaan die klein oomblikkies wat jy tot nou toe gehad het oortref. Jou gebede gaan nie langer net wees om ‘n seën te vra by jou maaltyd nie. Jy gaan bid, oggend, middag en aand.”