ABRAHAM SE TOETS

David Wilkerson

In Génesis 22:2 het God Abraham beveel, “Neem jou seun, jou enigste, wat jy liefhet, Isak, en gaan na die land Moria en offer hom daar as ‘n brandoffer”.

Jy ken die storie. God het Isak se lewe gespaar deur hom om te ruil met ‘n ram vir die offer. En die Here het vir Abraham gesê:

“Nou weet Ek dat jy God vrees en jou seun, jou enigste, van My nie teruggehou het nie...Omdat jy dit gedoen het...dat Ek jou ryklik sal seën...en jou nageslag sal die poort van sy vyande in besit neem. En in jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word, omdat jy na my stem geluister het” (Génesis 22:12,16-18).

HY HET NIE TERUGGEHOU NIE

Dit kom daarop neer dat God aan Abraham gesê het, “Ek weet nou dat jy nooit enigiets van My sal terughou nie, selfs nie jou kosbare seun nie. En omdat jy dit bewys het, gaan Ek jou seën.”

Hoor wat die Gees in hierdie gedeelte sê:

 “Ander mag dalk nooit weet van jou baie toetse van geloof nie. Jy mag dalk alleen in afsondering ly, met niemand om voordeel te trek uit jou getuienis van geloof en uithouvermoë nie. Trouens, jy mag veroordeel word vir jou lyding wanneer ander dink, ‘Waarom gaan hy deur al hierdie dinge? Daar is skynbaar geen rede voor nie. Ek wonder waar het hy in sy lewe misluk.’”

GOD GAAR JOU TRANE IN BOTTELS OP

Tog, kan jy weet dat die God wat jou in jou beproewing ingelei het, weet wat jou beproewing beteken. Al jou trane word deur Hom in bottels opgevang en Hy voel elke pyn in Sy hart. En die Here verseker jou: “Dit sal in seëninge uitloop. Dit sal ‘n impak maak op diegene in jou familie.”

Abraham was reeds in die hemel toe hierdie beloftes deur die Here vervul is. Maar sy familie, die nasie van Israel, en uiteindelik die hele mensdom, sou voordeel trek uit sy geloof.