AAN JESUS NIE AANSTOOT NEEM NIE

David Wilkerson (1931-2011)

Die Here versoek, begin wanneer God toelaat dat ‘n krisis in ons lewens erger word. Waarom doen Hy dit? Wat soek Hy? Ons Here laat toe dat dit gebeur sodat Hy die laaste wortels van ons ongeloof kan bykom! Sy Gees gaan in elke kamer van ons harte in, soek die mees veroordelende dinge – hoogmoed, selfgenoegsaamheid en alle ander dinge wat sy volheid in ons verhinder.

Kortliks, dit is wat dit beteken om God te versoek. Dit gebeur wanneer sy uitverkore, geseënde kinders in die vuur van toetsing geplaas word en hulle krisis hou aan om meer intens te word totdat vrees hulle harte vasgryp en hulle uitroep, “Here, waar is U? Waar is my verlossing? Is U met my of nie?”

Johannes die Doper het hierdie soort beproewing, wat daartoe kan lei dat ons God versoek, beleef. Terwyl hy in die tronk gesit het, moes hy gewonder het waar God was in sy situasie. Die boodskap van al die wonderlike dinge wat Jesus gedoen het, het hom bereik – mense was genees, wonderwerke was verrig en skares was getrek wat eens na Johannes gestroom het. En nou het hy hier alleen gesit en wag vir teregstelling.

Johannes het geweet hy moes minder word, sodat Christus kon meer word, maar nou het die gedagte by hom opgekom, “Minder word, ja. Maar dood? Waarom moet ek sterf as Jesus waarlik God is? Here, dit is alles te veel om te verdra.”

Die laaste woorde wat Jesus vir Johannes gestuur het, was ontsaglik betekenisvol: “En salig is elkeen wat aan My nie aanstoot neem nie” (Matthéüs 11:6). Christus het in wese vir hierdie goddelike dienaar gesê, “Moenie aan My aanstoot neem nie, Johannes. God het ‘n plan met dit alles en Hy is waardig om vertrou te word. As Hy wou hê Ek moes kom en jou vrylaat, weet jy dat Ek oombliklik daar sou wees. Wees gerus dat wat ook al gebeur tot sy verheerliking sal wees en dit sal ewige heerlikheid vir jou beteken!

Johannes het verdra. En toe hy uiteindelik onthoof is deur Herodus, het hy huistoe na die hemel gegaan, vol geloof en eer.