AAN DIE WAT NIE GEHOORSAAM NIE

David Wilkerson

Dwarsdeur die Skrif, gee God vir ons ‘n duidelike beeld van hoe belangrik dit vir ons is om Sy Woord te gehoorsaam. Ons sien een so ‘n voorbeeld in die lewe van koning Saul. God het vir Saul ‘n duidelike, spesifieke bevel gegee deur die profeet Samuel. Hy het Saul opdrag gegee, “Gaan nou en verslaan Ámalek, en die julle moet met die banvloek tref alles wat hy het; en jy mag hom nie verskoon nie, maar jy moet om die lewe bring man sowel as vrou, kind en suigling, bees en kleinvee, kameel en esel” (1 Samuel 15:3).

God het met Saul gepraat in kristalhelder terme en tog, nadat hy in die oorlog ingegaan het, het hy die Here net gedeeltelik gehoorsaam. Eerder as om almal en alles te vernietig, het hy koning Agag gespaar – en hy selfs sommige van die buit van die oorlog gehou (sien 1 Samuel 15:7-9).

Samuel was diep bedroef hieroor. Hy het vir Saul gesê, “En die HERE het jou op die pad gestuur en gesê: Gaan heen en tref die sondaars, die Amalekiete, met die banvloek en veg teen hulle totdat hulle venietig is. Waarom het jy dan nie na die stem van die HERE geluister nie en op die buit afgestorm en gedoen wat verkeerd is in die oë van die HERE?” (15:18-19).

Op hierdie punt, gee die Skrif vir ons ‘n swaar, skokkende woord: “En die woord van die HERE het tot Samuel gekom en gesê; Ek het berou gekry dat Ek Saul koning gemaak het, want hy van my afvallig geword en my woorde nie uitgevoer nie” (1 Samuel 15:10-11).

Beskryf dit jou lewe? Het God vir jou in baie duidelike terme gesê om met ‘n sekere sondige gewoonte in jou lewe af te reken, maar jy bly daaraan vasklou? Op hierdie oomblik, mag sy Gees met jou spreek met ‘n vriendelike, toenaderende stem en sê, “Jou begeerte staan tussen ons en onderbreek ons gemeenskap. Ek kan jou nie meer seën terwyl jy daarmee volhou nie. Vertrou my Gees om jou te help. Lê dit nou af, My kind.”

God sê vir ons, “Ek wil jou hele hart hê, al jou liefde – nie net halfhartige gehoorsaamheid nie!””