“WAAR IS JY?”

David Wilkerson (1931-2011)

Christene wat misluk om te bid, besef nie die gevaar waarin hulle is nie. Jy mag argumenteer, “Wat daarvan as sommige Christene nie bid nie? Hulle is steeds gelowiges – vergewe en gaan hemel toe.”

Ons hemelse Vader besef ons leef in ‘n besige eeu, met baie eise ten opsigte van ons tyd, sowel as energie, en Christene word vasgevang met besig wees en aktiwiteite net soos enige ander persoon. Tog kan ek nie glo dat God ons verwerping van ons toegang tot Hom, wat sy eie Seun sy lewe gekos het, ligtelik opneem nie.

Dit het die Vader gepynig om Jesus te stuur om bespot en gekruisig te word sodat ons in staat kan wees om vrylik na Hom toe te kan kom. Maar dag vir dag gaan verby en baie van sy kinders nader nie tot Hom nie totdat hulle kerk bywoon Sondag. Toe Adam vir die Here weggekruip het in die Tuin van Eden, het God vir hom gevra, “Waar is jy?” (Génesis 3:9). Natuurlik het God geweet waar Adam was, maar Hy het eintlik vir Adam gevra waarom hy gemeenskap met Hom verwerp het.

Christene wat nie hulle toegang tot die Vader toeëien nie, beland op die ou end in die toestand van die kerk in Sardis. Die Here het Johannes beveel, “En skryf aan die engel van die gemeente in Sardis: Dit sê Ek wat die sewe geeste van God ... het: Ek ken jou werke, dat jy die naam het dat jy leef, en jy is dood” (Openbaring 3:1). Jesus sê in wese, “Jy mag ‘n goeie persoon wees wat enigiets vir iemand anders sal doen maar ‘n element van dood het in jou lewe ingesluip weens jou nalatigheid. Iets van die wêreld het jou besoedel.”

Wat is die besoedeling waarna hier verwys word? Dit is biddeloosheid. Die gelowiges in Sardis het nie gewaak in gebed, op die Here gewag en Hom gesoek soos hulle eens gedoen het nie. Hulle het roekeloos geword maar die Here sê vir hulle in Openbaring 3:4: “’n Paar van julle is waardig en julle wil nie my teenwoordigheid verloor nie.”

Gou, gaan nou terug na jou binnekamer toe. Hy het toegang tot Hom vir jou gemaak en Hy belowe om al jou behoeftes aan te spreek.