“TOE HET HULLE DIE HERE AANGEROEP”

David Wilkerson (1931-2011)

Die Bybel belowe dat dit moontlik is om die Here se goedertierenheid te verstaan. Wat is die sleutel? Koning Dawid het gesê: ”Wie wys is, laat hom op hierdie dinge ag gee, en laat hulle let op die goedertierenheid van die HERE” (Psalm 107:43).

Dawid het ‘n wonderbare openbaring van God se genadige, vergewende hart ontvang. En hy het dit ontdek deurdat hy eenvoudig gekyk het na God se vorige rekord van hoe Hy sy geliefde kinders hanteer het. Dawid gee vir ons die volgende verslag:

“Honger, ook dors was hulle; hulle siel het in hulle versmag. Toe het hulle die HERE aangeroep in hul benoudheid; uit hulle angste het Hy hulle gered. En hy het hulle gelei op ‘n regte pad om te gaan . . . Laat hulle die HERE loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders!” (Psalm 107:5-8).

Toe die kinders van Israel van die Here af weggedwaal het, het hulle honger, dors en verlore geraak as gevolg van hulle sonde. Wat het hulle gedoen? “Toe het hulle die HERE aangeroep in hul benoudheid; uit hulle angste het Hy hulle verlos” (Psalm 107:19).

Tog, het hulle weer opstandig geword en afvallig geword en selfs nog laer gedaal. Weer lees ons: “Toe het hulle die HERE aangeroep in hul benoudheid . . . Hy het sy woord uitgestuur, dat Hy hulle kon gesond maak” (Psalm 107:19-20).

Uiteindelik het God se volk het weer aan einde van hulleself gekom. ‘n Storm het gewoed en hulle siele het versmag van swaarkry: “Toe het hulle die HERE aangeroep in hulle benoudheid, en uit hulle angste het Hy hulle uitgelei. Hy het die storm ‘n gesuis gemaak, en hulle golwe het stil geword” (Psalm 107:28,29).

Dawid het op hierdie openbaring gereageer, “Kyk hoe maklik het God se hart medelye. O, hoe vinnig reageer Hy op die geroep van sy kinders. Daar is geen einde aan sy genade nie.”

Geliefde, jy hoef nie in pyn en veroordeling te bly nie. Gaan liewer na die Here toe, roep uit en bely jou sonde. Hy is ‘n deernisvolle Vader, wat medelye het met al jou uitroepe.