“MAAK MY PAD REGUIT”

Gary Wilkerson

Moenie na vals leraars luister wat jou laat glo God kan gebruik word soos ‘n djin om jou wense te vervul nie. Moet nooit ooit ‘n dollar in die kerkoffergawe plaas met die hoop om meer terug te kry nie. God is bedroef oor daardie soort vals lering en deur die gemeentelede wat dit omhels. Ons gebed kan nie wees, “Here, seën my” nie, maar “Here, bring my in lyn. Maak my hart opreg. Maak my pad reguit. Dan kan geen leeu my verslind nie. En ek sal U gesag hê om die werk van U koninkryk te verrig.”

Dit is altyd die beste om van verdorwenheid af weg te vlug voor dit kan plaasvind. Oor en oor in die Bybel sien ons God haal sy mense uit verdorwe situasies uit. Toe Hy Noag beveel het om die ark binne te gaan, was dit om sy dienaar weg te neem uit ‘n verdorwe wêreld. Toe hy Israel in die Beloofde Land ingelei het, het hy hulle weggeneem uit Egipte se onderdrukkende slawerny.

Dit is egter nie net ‘n gevalle wêreld of vals kerkleiers wat besoedel nie. Uiteindelik is daar die saak van ons eie sondige harte. As gewilde predikers vir ons sê, “Jy kan ‘n voorspoedige lewe hê vandag,” raak dit iets binne-in ons aan – veral as ons voel ons lewe is teleurstellend. Maar ons motiewe om God te nader mag nie wees, “Kan ek iets van Hom kry?” nie. As dit is, jaag ons die verkeerde god na.

Ek verkondig nie dikwels boodskappe soos hierdie nie. Maar ek kan nie terugkrabbel op enigiets wat ek hier geskryf het nie. Vriend, vlug van die Bybelstudie wat net bestaan om jou te laat goed voel. Vermy die verhouding wat jou dieper in plesiersoekery laat ingaan en weg daarvan om Christus te soek. Vind ‘n ander geloofsgemeenskap as joune daaraan werk om jou binne-in die gebou te kry en dan misluk om jou op te lei om Jesus orals te neem. Vlug – en weet dat God ‘n behae het in jou gehoorsaamheid.