“GOD, WAAR IS U?”

David Wilkerson

In krisistye wil ons aksie neem en die situasie regmaak. Dit is teen ons natuur om stil te staan en wag; om geduldig vir God te wag om op te tree, is in werklikheid die moeilikste ding van die Christelike wandel. Selfs toegewyde gelowiges raak soms paniekering wanneer die Here nie gou genoeg optree nie, en dikwels roep hulle desperaat uit, “Here, doen iets!”

God soek na ‘n volk wat Hom in elke krisis, beproewing en hopelose situasie sal vertrou. So moeilik as wat dit is om te verstaan, God lei ons dikwels inderdaad in situasies in wat angswekkend en moeilik is, met die doel om ons te toets. Hy wil sien of ons gewillig is om stil te staan en vir Hom te wag om bonatuurlike verlossing teweeg te bring. Hy produseer goeie vrug in ons en verander ons in voorbeelde van geloof om Sy getuienis vir ‘n ongelowige, goddelose wêreld te wees.

“Deur die HERE word die gange van ‘n man bevestig, en Hy het ‘n welbehae in sy weg” (Psalm 37:23). Bevestig beteken “vooruitbeplan, vasgestel, deur God beskik.” Dit beteken dit is God, nie die duiwel nie, wat ons na moeilike plekke lei. Hy laat nie net ons beproewing toe nie, maar Hy doen dit doelbewus – en dít is vir ons moeilik om te aanvaar!

Ek glo nie God sou ons ooit lei tot op die rand van ‘n moeilike situasie net om ons te verlaat nie. Hy is absoluut getrou aan sy kinders in elke krisis. Sy ingryping mag dalk nie volgens ons skedule wees nie, maar Hy tree altyd op en dit is ons plig en voorreg om stil te staan en Hom te vertrou om ons deur te dra na die oorwinning.