“EK WIL HULLE GOD KEN”

Gary Wilkerson

"Want ‘n Kind is vir ons gebore, ‘n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouers, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors” (Jesaja 9:6).

Toe die profesie van Christus se geboorte vervul was, het Koning Herodus, die heerser van Israel, bedreig gevoel saam met al die ander in Jerusalem (Matthéüs 2:1-3). Waarskynlik was hulle tevrede met hulle oppervlakkige, dooie godsdiens en wou nie hê dat iemand die status quo ontstel nie.

Dieselfde is waar vandag. Die groeiende vyandigheid teenoor Kersfees is duidelik op vele maniere: skole hou nie langer Kerskonserte nie; kriptonele word verban in publieke plekke; besighede heet kliënte welkom met “Happy Holidays” in plaas van “Geseënde Kersfees,” om ‘n paar voorbeelde te noem. Jesus het voorspel dat soos die dag van sy wederkoms nader kom, sal “die liefde van baie verkoel” (Matthéüs 24:12), so dit is nie ‘n verrassing nie.

Jesus het in die wêreld gekom om ‘n lig te wees en ons moenie die hart van Jesus verloor deur vasgevang te raak in kultuuroorloë nie. Soos die wêreld laer en laer sink, en die uitroepe teen ons Saligmaker erger word, mag ons harte beheer word deur die liefde van Jesus Christus. En mag ons getuienis van genade en heiligheid onder ‘n verdorwe geslag, diegene wat in duisternis is, opwek om na sy groot lig te kom.

Soos die doel van Kersfees ons harte vul hierdie seisoen, bid ek dat baie ander na ons sal kyk en sê, “Ek wil die blydskap en vrede hê wat ek in daardie mense sien. Daar moet iets aan die boodskap wees wat hulle verkondig en hulle lewens uitstraal. Ek wil hulle God ken.”