“EK HET GEEN VERWEER NIE BEHALWE CHRISTUS”

David Wilkerson (1931-2011)

Elke gelowige in die Kerk van Jesus Christus is geroep om heilig te wees – rein en onberispelik in God se oë. So, as jy weergebore is, moet heiligheid die uitroep van jou hart wees. “God, ek wil soos Jesus wees. Ek wil heilig lewe voor U al die dae van my lewe.”

Die Nuwe Testament sê vir ons ons is geroep om heilig te wees “want God is heilig.” Hoe op aarde word ons heilig gemaak in die oë van God?

“Maar soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig word” (1 Petrus 1:15-16).

As jy in die Nuwe Testament lees oor hierdie onderwerp, sal jy ontsteld wees. “Jy bedoel dat ek so heilig moet wees soos Jesus was?” Ontmoontlik! Hy was vlekkeloos en volmaak. Hoe op aarde kan enigeen daardie standaard bereik?

Dit was die juiste doel van die wet – om vir ons te wys dat dit onmoontlik is vir iemand om God se standaard van heiligheid te bereik. Daarom, as daar niemand anders heilig is behalwe die Here nie, kan daar slegs een manier wees waarop ons heilig kan word. Ons moet in Christus wees en sy heiligheid moet ons heiligheid word.

Paulus het gesê, omdat Jesus, die wortel, heilig is, moet ons, die takke, dan ook heilig wees (sien Romeine 11:16). En Johannes skryf, “Ek is die wynstok, julle die lote” (Johannes 15:5). Met ander woorde, omdat ons in Christus is, word ons heilig gemaak deur sy heiligheid.

Jesus staan alleen in volmaakte heiligheid en as enige iemand ooit voor die hemelse Vader moet staan en deur Hom aangeneem word, moet daardie mens in Christus wees. Ons daaglikse gebed behoort te wees: “Here, ek het geen verweer nie behalwe Christus. Ek kon na U toe slegs omdat ek in Christus is en aanspraak maak op sy heiligheid. Ek weet ek staan voor U onveroordeeld, omdat ek in Hom is!”