“COWBOY” STEWELS

Gary Wilkerson

“Wie spaarsaamlik saai, sal ook spaarsaamlik maai; en wie volop saai, sal ook volop maai” (2 Korinthiërs 9:6).

‘n Swerwer, hawelose en verwarde was na my kantoor toe gestuur toe ek as ‘n assistent pastoor gedien het by Times Square Kerk in New York Stad jare gelede. Hy het nie belanggestel om te gesels nie, totdat hy opgekyk het en my mooi, egte Texas cowboy stewels gesien het.

“Ek weet nie hoekom ek hier is nie,” het hy dit uitgeblaker. “Julle predikers is almal dieselfde, spandeer geld op groot geboue en windmakerige motors. En kyk daardie stewels!”

Nadat hy daardie laaste opmerking gemaak het, het hy afgekyk na sy verflenterde tekkies en sy voete selfbewus rondgeskuif.

“Hou jy van hierdie skoene?” het ek gevra. En voor hy kon antwoord, het ek my stewels uitgetrek en vir hom gegee. En ja, ek het skoenloos huistoe gestap. Toe het ek van die aangeleentheid vergeet.

Omtrent ses maande later het ‘n pastoorvriend, Steve, my geskakel uit Greensboro, Noord-Carolina.

“Gary, jy gaan dit nie glo nie, maar hier is ‘n ou in my kantoor wat sê dat jy vir hom ‘n paar ‘cowboy’ stewels gegee het. Hy het deur die land geduimry en hy sê elke keer wat hy na daardie skoene kyk, dink hy aan Jesus.”

Daardie jongman het in my vriend se kerk ingeswerf (duidelik gelei deur die Heilige Gees) en gesê hy wil meer weet van Jesus. Jy kan jou indink die blydskap wat dit vir my pastoorsvriend gebring het! Maar Steve was eerlik met hom.

“Vir ses maande lank het die Heilige Gees jou bearbei. Is jy gereed om jou lewe vir Christus te gee?”

“Dit is hoekom ek hier is!” En daar en dan is hy weergebore.

Ek wil jou bemoedig om op die uitkyk te wees vir geleenthede, selfs al voel jy jy is in ‘n hongersnood. Is jou huwelik in ‘n hongersnood? Kyk uit vir ‘n geleentheid om jou gade te dien, lief te hê en te seën.

Is jy in ‘n hongersnood met jou kinders? Is daar tweespalt en onrus? Kyk uit na ‘n geleentheid om lief te hê, te dien en jou huishouding volgens die weë van die Here te orden.

Is jy in die moeilikheid met jou finansies? Kyk uit vir ‘n weg te midde van die hongersnood om ‘n seën vir ander te wees en jy sal vind die vensters van die hemel maak oop.

God stort ryke seëninge uit op diegene wat gee — blymoedig.