‘N WOORD VAN VERSEKERING

David Wilkerson

Ek glo dat deur die onstuimige en chaotiese gebeurtenisse wat vandag in die wêreld aangaan, vernietig God gierigheid, hebsug en hoogmoed. Ek is oortuig Hy kan nie langer toelaat dat seksuele perversies die siel van ‘n hele geslag vernietig nie. Ek ek glo dieselfde-geslag huwelike het ‘n flitspunt van God se wraak geword.

Jesaja beskryf ‘n tydperk in die geskiedenis wat vol geween, vrees en bewing was. Die Here het egter vir Jesaja ‘n woord van versekering gegee vir Sy mense:

“Versterk die slap hande en maak die struikelende knieë vas. Sê aan die wat vervaard is van hart: Wees sterk, wees nie bevrees nie! Kyk, julle God kom met wraak, met goddelike vergelding; Hy self sal kom en julle verlos” (Jesaja 35:3-4, my klem).

Die Here het in wese gesê: “Versterk die uitgeputtes. Bou diegene wat swak is onder julle op. Bemoedig almal wat bang en vol angs is. Sê vir hulle, ‘Daar is geen rede om bang te wees nie. Dit is die Here wat dit alles doen. En deur dit alles, sal Hy Sy mense bewaar. Hy doen dit alles om jou te red.’”

SELFS DIE GODDELIKES BEWE

Geliefde, selfs die mees goddelikes onder ons beleef ‘n bewende hart, ‘n skielik vlaag van vrees wanneer ‘n krisis kom. In sulke tye, is dit nie ‘n sonde om ‘n oomblik van diepe angs te hê nie.

Toe die Here hierdie woord vir Jesaja gegee het, het Hy inderdaad seker gemaak dat almal wat oorweldig gevoel het deur die angswekkende situasie, nie daardeur verpletter sou word nie. Hy wou hê dat elke moeë, bekommerde hart moes hoor: “Vrees nie! Wees vol moed, want die Here is ‘n Redder vir Sy mense.”