‘N WOORD VAN HOOP

David Wilkerson

Vir baie maande lank het ek die Woord ondersoek en bestudeer, terwyl ek by die Here gepleit het om vir my ‘n boodskap van hoop en bemoediging te gee vir hierdie moeilike tye. My gees het uitgeroep, “Here spreek ‘n woord in my hart vir u kinders, want U alleen het die woorde van die ewige lewe. Net U kan ‘n woord spreek om ons te troos in hierdie tye.”

Die Heilige Gees het my gebed geantwoord en die volgende in my hart gespreek:

“Ek gaan jou ‘n enkele belofte gee uit My Woord. As jy jou lewe aan hierdie belofte toewy, sal hierdie woord jou deur enige en alle tye van gevaar bewaar.”

OMHELS DIE WAARHEID

Geliefdes, ek weet as ons net hierdie een vers omhels, terwyl ons dit met ons hele hart glo, sal dit daagliks vir ons ‘n krag-bron van geloof wees. Hierdie is die belofte wat die Heilige Gees vir my gewys het.

“JUL VADER WEET WAT JULLE NODIG HET, VOORDAT JULLE HOM VRA” (Matthéüs 6:8).

In Lukas 12 som Jesus die dinge op wat Hy sê ons Hemelse Vader weet ons nodig het. Kortliks is ons behoeftes: kos, drank en klere.

“Daarom, sê ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewe, wat julle sal eet, of oor jul liggaam, wat julle sal aantrek nie. . . . As God dan die gras van die veld wat vandag daar is en môre in ‘n oond gegooi word, so beklee, hoeveel meer vir julle kleingelowiges?” (Lukas 12:22, 28).