‘N WARE BEGEERTE OM GOD TE BEHAAG

David Wilkerson (1931-2011)

“Uit Myself doen Ek niks nie; maar net wat my Vader My geleer het, dit spreek Ek. En Hy wat My gestuur het, is met My; die Vader het My nie alleen gelaat nie, omdat Ek atlyd doen wat Hom welgevallig is” (Johannes 8:28-29).

Jesus het alles uit plesier vir sy hemelse Vader gedoen. Dit is belangrik om die motief waaruit ons gehoorsaamheid kom te verstaan, want as ons hart nie rein is nie, sal alles besoedel wees.

Beskou die vader van ‘n tienerseun wat sy kind moet teregwys. Die scenario is dalk gespanne wanneer die vader sy seun konfronteer oor ongure vriende, slegte gedrag en roekelose keuses. En dan gee die vader ‘n ultimatum: verander jou gedrag of kry ‘n ander blyplek. Die seun reageer op een van twee maniere: hy onderwerp aan die teregwysing met ‘n verslae gees en verander sy gedrag gewillig, of hy verander sy gedrag wrewilrig om die straf vry te spring.

Die gehoorsaamheid van ‘n ontvrede kind is teleurstellend, want sy nakoming spruit vanuit  ‘n vrees vir sy vader se toorn. Daar is geen plesier of liefde in die daad nie; in teendeel, hy is kwaad en gefrustreerd omdat hy dink sy vader maak inbreuk op sy vryheid en probeer sy lewenstyl beperk.

Die hartseer waarheid is dat baie Christene in hierdie laaste dae, God slegs gehoorsaam omdat hulle bang is hulle gaan hel toe as hulle dit nie doen nie. Hulle vrees die Vader se toorn en hulle gehoorsaamheid aan Hom is slegs “wetlik.” Hulle het geen ware begeerte om Hom te behaag nie.

Jesus se begeerte om sy Vader te behaag, het gekom uit sy verhouding met Hom. Hy het Homself afgesonder in gebed en sy een groot gebed was, “Vader, wat wil U hê? Wat sal U behaag? Wat kan ek doen om die begeerte van u hart te vervul?”

Dit is die gesindheid van die persoon wat die Gees van Christus het!