‘N WAARSKUWING TEEN NALAAT OM TE BID

Jim Cymbala

As Christene, is ons betrokke in geestelike oorloë waar persoonlike gesante van Satan oorlog voer teen ons siele. Hoewel ons daagliks teen hierdie onsigbare magte moet veg, het God aan ons geestelike wapenrusting verskaf – die skild van geloof, die helm van verlossing, die borswapen van geregtigheid, en so aan.

“Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel. Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug” (Efésiërs 6:11-12).

Saam met die beskrywing van ons wapenrusing, gee die apostel Paulus lewensnoodsaaklike instruksies: “Terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges” (Efésiërs 6:18).

Let op die omvattende aard van hierdie vermaning: “by elke geleentheid ... met alle gebed en smeking ... met alle volharding.” Hierdie noodsaaklikheid vir konsekwente gebed is waarskynlik die mees misgekykte aspek van geestelike oorlogvoering. Net soos God belowe om saam met Israel se leërs te veg teen hulle vyande en syne, so belowe Hy om ons saak te verdedig as ons daagliks sy krag soek. Maak nie saak watter sataniese planne teen ons opgestel word nie, niks kan vergelyk met die ontsagwekkende krag van God, wat reageer op ons hulpgeroep in die dag van oorlog nie.

Die volgende keer wat jy in die middel van ‘n geestelike krisis is, beskou wat Jesus gedoen het die nag toe Hy gevange geneem is: “Toe kom Jesus met hulle in ’n plek met die naam van Getsémané, en Hy sê vir die dissipels: Sit hier onderwyl Ek daar gaan bid” (Matthéüs 26:36).

As Jesus, die Seun van God, moes bid om krag te kry, wat beteken dit vir ons? In die Tuin van Getsémané, het Jesus sy dissipels gewaarsku, net soos Hy ons vandag nog waarsku, teen die luiheid van nalaat om te bid. “Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak” (Matthéüs 26:41).

Jim Cymbala het die Brooklyn Tabernacle begin met minder as twintig lede in ‘n klein bouvallige gebou in ‘n ongure deel van die stad. Hy is oorspronklik van Brooklyn en is ‘n jarelange vriend van beide David en Gary Wilkerson.