‘N VOLK VOL GELOOF

David Wilkerson

“Want voor sy wegneming het hy getuienis ontvang dat hy God behaag het. En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag” (Hebreërs 11:5-6). Wat was dit oor Henog wat God behaag het? Dit was dat sy wandel met God in hom die soort geloof opgewek het wat God liefhet.

Dwarsdeur die Bybel en die hele geskiedenis, het diegene wat met God gewandel het, mans en vroue van geloof geword. As die Kerk daagliks hand-aan-hand met God wandel, voortdurend met Hom kommunikeer, sal ‘n volk vol geloof die gevolg wees.

Sommige hou geloofseminare, versprei bandopnames oor geloof, haal Skrifte oor geloof aan – alles om geloof te op te wek. En dit is waar, “Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God” (Romeine 10:17). Maar Jesus is die Woord. “Die letter maak dood,” sê die Skrif in 2 Korinthiërs 3:6. Sonder intimiteit met Jesus, wek die die letter ‘n dooie, selfsugtige, veeleisende emosie op wat glad nie geloof het nie – en God haat dit. Geloof kom deur Sy Woord te hoor en naby Hom te wandel. Nie deur te praat sonder om te doen nie! Hierdie intieme wandel met God ontbreek in die Kerk vandag. Geloof is om regtig te weet wie God is, en bekend te word met Sy heerlikheid en majesteit. Diegene wat Hom die beste ken, vertrou Hom die meeste.

Wys my ‘n volk wat intiem met Hom wandel, sonde haat, losgemaak word van hierdie wêreld en Sy stem leer ken, en jy sal ‘n volk sien wat nie baie preke en lering oor geloof nodig het nie.

Henog se wandel met God sou nutteloos wees, tensy dit ‘n oorstemmende geloof opgewek het wat voortdurend gegroei het. “Deur die geloof is Henog weggeneem “ (sien Hebreërs 11:5). Wat ‘n ontsaglike waarheid! Al hierdie geloof wat gefokus op een groot begeerte van sy hart: om by die Here te wees!