‘N UITNODIGING OM MET VRYMOEDIGHEID NA GOD TE KOM

David Wilkerson (1931-2011)

“Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word” (Hebreërs 4:16). “In wie ons die vrymoedigheid en die toegang het met vertroue deur die geloof in Hom” (Efésiërs 3:12).

Wanneer God vir ons sê om met vrymoedigheid na sy troon te kom, is dit nie ‘n voorstel nie, dit is sy voorkeur – en dit moet gehoorsaam word. “Die [doeltreffende] vurige gebed van ‘n regverdige het groot krag” (James 5:15). Die woord “doeltreffend” kom van ‘n Griekse woord wat “’n vasgestelde posisie” beteken. Dit suggereer ‘n onbeweeglike, onwrikbare ingesteldheid. Net so spreek “vurig” van ‘n vrymoedigheid gebou op vaste bewyse en absolute getuienis wat jou smeking ondersteun. Saam, beteken hierdie twee woorde – doeltreffende vurigheid – om in God se hofsaal in te kom met volle oortuiging dat jy ‘n goed voorbereide saak het – meer as emosies, luidrugtigheid en opgepompte entoesiasme.

So ‘n gebed kan slegs kom van ‘n dienaar wat God se Woord ondersoek en ten volle oortuig is dat die Here verbind is daartoe om dit te honoreer. Trouens, dit is belangrik dat nie een van ons God se teenwoordigheid binnegaan sonder om sy Woord saam met ons te neem nie. Die Here wil hê ons moet sy beloftes bring, Hom daaraan herinner, Hom daaraan bind – en daarop staan.

Sommige Christene sê, “Ek vra eintlik nie vir God vir te veel nie. Ek bid slegs vir sy wil in my lewe, vir sy plan om op die aarde vervul te word. Ek soek Hom slegs vir Homself, nie vir sy gawes nie.” Selfs ek het dit soms gesê omdat ek gedink het dat so ‘n gesindheid heilig was, maar in werklikheid is dit nie. Die alwetende, almagtige God van die skepping het vir ons sy persoonlike uitnodiging gegee om met vrymoedigheid na sy troon te kom en om versoeke aan Hom te rig.

Stil tye van aanbidding met die Here is werklik wonderlik. Daar kom egter tye wanneer die toestand van ons lewens so kritiek word dat ‘n ander soort gebed nodig is. Op sulke tye, is die deur oop en ons moet voor die Here kom met vertroue dat Hy sy Woord sal nákom.