‘N TOESTAND VAN DIE HART

David Wilkerson (1931-2011)

“Elkeen dan wat na hierdie woorde luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met ‘n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het. En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm, en dit het nie geval nie, want sy fondament was op die rots. En elkeen wat na hierdie woorde van My luister en dit nie doen nie, sal vergelyk word met ‘n dwase man wat sy huis op die sand gebou het. En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm en dit het geval, en sy val was groot” (Matthéüs 7:24-27).

Jesus illustreer hier dat die enigste huis wat in die naderende storm sal staande bly, gebou is op ‘n sterk fondament. Die huis waarvan Jesus hier praat, is ons wandel met Hom. Ons bou 'n fondament deur Christus beter te leer ken, om Sy manier van doen te verstaan. Ons bou sekere eienskappe in ons geloof in wat sal bepaal hoe ons onder druk sal reageer.

Baie Christene kan sê, “Wel, ek is 'n gelowige. Ek het op die rots gebou.” Maar hulle weet nie regtig wat hierdie frase beteken nie en gaan ‘n groot skok kry wanneer hulle verhouding met Jesus nie die storm deurstaan nie. Dit sal geopenbaar word dat hulle geen fondament het nie!

Ons kan nie hierdie gelykenis verstaan nie, tensy ons verstaan dat dit oor gehoorsaamheid gaan! Jesus praat van iemand wat Sy Woord hoor en dit doen, Hom gehoorsaam en op sy bevele reageer. Hy beskryf 'n lewenstyl – ‘n lewe van totale, absolute gehoorsaamheid aan Sy Woord. Dit moet ons fondament wees!

Natuurlik, Jesus Self is ons rots, maar dit is nie die volle betekenis van die woord “rots” soos wat Hy dit in hierdie gelykenis gebruik nie. Sommiges, wat beweer dat hulle op Christus as hulle rots bou, bou dalk nie behoorlik nie. Hierdie die rots is ‘n toestand van die hart en verteenwoordig die fundamentele motiewe waaruit ons gehoorsaamheid aan God sy oorsprong het.