‘N PYNLIKE WERKLIKHEID

David Wilkerson

Stel jou voor Saulus se angs toe Christus hom naby Damaskus gekonfronteer het met ‘n pynlike werklikheid. Die Here het vir Saulus gesê, “Ek is Jesus. En jy vervolg My” (sien Handeling 9:4-5). Saulus het gedink hy het bloot teenoor individue opgetree en God se werk gedoen deur Joodse ketters uit te wis.

Saulus was geruk met die waarheid: “Jesus het ‘n geestelike liggaam. Hy is die Hoof en Sy liggaam – Sy kinders hier op aarde – is verbind aan die Hoof. Dit is een liggaam, bestaande uit gelowiges wat vlees van Sy vlees is. En enigeen wat teen een van hulle kom, kom eintlik teen Hom.”

JESUS PYNIG

Elke “Jesus mens” wat Saulus vervolg en gevange geneem het – alles wat hy teen hulle gesê en gedoen het – was persoonlik deur Christus gevoel. Saulus se konfrontasie met hierdie waarheid het sy lewe verander.

As Paulus die apostel, het hy geleer om te verstaan hoe diep God Sy Kerk liefhet. Hy het besef dat, in die Here se oë, die Kerk ‘n kosbare pêrel is. Dit is ook ‘n vlekkelose Bruid vir Sy Seun – een verenigde, onsigbare liggaam wat bestaan uit bloedgekoopte kinders uit elke stam en nasie op aarde.

‘N ERNSTIGE WAARHEID

Ek is oortuig ons neem dit nie so ernstig op was wat ons moet nie. ‘n Volle begrip sou die einde beteken van alle wrokke in die Kerk . . .die einde van alle bitterheid . . .die einde van alle vooroordeel, vleeslike kompetisie, trots, skinder en verdeeldheid.

“Sodat daar geen verdeeldheid in die liggaam mag wees nie, maar dat die lede gelyke sorg vir mekaar mag dra” (1 Korinthiërs 12:25).