‘N PLEK VAN VOLKOME RUS

David Wilkerson (1931-2011)

Daar bestaan ‘n plek in Christus waar daar geen vrees oor die toekoms is nie, geen vrees vir rampspoed, verdrukking of werkloosheid nie. En daar is geen vrees vir faal of jou siel verloor nie. Hierdie plek van algehele vertroue in God se getrouheid word genoem ‘n plek van volkome rus deur die skrywer van Hebreërs.

So ‘n volkome rus was aan Israel gebied, maar die volk se twyfel en ongeloof het hulle uit God se rus gehou: “Diegene aan wie die evangelie eers verkondig is, deur ongehoorsaamheid nie ingegaan het nie” (Hebreërs 4:6). Die Israeliete het in voortdurende vrees en angs gelewe en het altyd gewag vir die volgende krisis om plaas te vind. Met die gevolg, hulle was verlate in hulle beproewings.

As Israel in God se rus ingegaan het, sou sy werk in sy volk volkome wees. Maar omdat hulle nie het nie, het die Here aangehou soek in elke geslag ‘n volk wat sal ingaan: “Daar bly dus ‘n sabbatsrus oor vir die volk van God” (4:9).

God sê in wese vir ons, “Hierdie aanbod van rus is vir jou vandag! Daar bestaan steeds ‘n plek in my waar alle twyfel en vrees nie meer bestaan nie, ‘n plek waar jy gereed sal wees vir wat ook al mag kom.” Daarom moedig sy Woord ons aan, “Laat ons dan vrees dat, terwyl die belofte om in sy rus in te gaan nog standhou, dit nie miskien sal blyk dat iemand van julle agtergebly het nie” (Hebreërs 4:1).

Vandag ken menigtes van God se kinders glad nie hierdie rus in Christus nie. Soos hulle die verskriklike berigte van tragedies, rampe en dood hoor, raak hulle vol vrees en angs. Hulle aanhoudende gebed is, “O God, moenie een van my geliefdes neem nie. Ek sou nooit die droefheid kon hanteer nie.”

Maar, as jy rus in die Here, sal jy nie toegee aan vrees nie. Jy sal nie paniekerig raak of ineenstort wanneer jy met een of ander onverwagte krisis getref word nie. En jy sal nie hoop verloor en God beskuldig dat Hy jou probleme veroorsaak nie. Ja, jy sal ly wat algemeen is vir elke menslike wese, maar jy sal gerus wees in jou siel, omdat jy weet God is in beheer van alles wat jou aangaan.