‘N PASSIE VIR CHRISTUS

David Wilkerson (1931-2011)

As ons die kwessie beskou om ons passie vir Christus te laat toeneem, moet ons kyk na Christus se lering oor nederigheid. Wie homself verhoog, sal verneder word, en wie homself verneder, sal verhoog word” (Matthéüs 23:12). Jesus het pas die Fariseërs bestraf oor hulle hoogmoedige optrede (23:5-7). Hulle ken die Skrifte en kan die Woord interpreteer vir die massas, maar hulle eie lewens skiet ver te kort.

As ons eerlik is voor God, moet selfs die mees ywerige onder ons, soortgelyke sondes erken. Byvoorbeeld, die mens is lief vir erkenning. Toe Jesus die Fariseërs bestraf het, het Hy in wese gesê, “Julle hou van die kollig. Julle wil die prominente sitplekke by openbare byeenkomste hê en julle hou daarvan om herken te word op die strate.” Hulle was hoogmoedig en selfverheffend, en het gebrek aan nederigheid gehad.

In sy wese, is nederigheid totale afhanklikheid van die Here. Die woord “afhanklikheid’ beteken “vertroue vir alle dinge, in alle dinge.” Ware vertroue stop nie deur te sê, “Ek is swak” nie, maar verklaar ook “Hy is sterk.” En sulke afhanklike vertroue vereis nederigheid.

Jesus is ons voorbeeld van nederigheid. Die Here wat alle dinge geskep het en vir Wie alle dinge gemaak is, was ten volle afhanklik van sy Vader. Hy het dit oor en oor gesê, “Uit Myself doen Ek niks nie . . . omdat Ek altyd doen wat Hom welgevallig is” (Johannes 8:28-29).

As jy werklik ‘n passie vir Jesus wil hê, vra die Heilige Gees om diep in jou hart in te dring en jou te oortuig van enige begeerte van selfverheffing. Jesus sê, “Wie homself verhoog, sal verneder word, en wie homself verneder, sal verhoog word” (Matthéüs 23:12).