‘N PAD VAN BESLISSING

Carter Conlon

Dikwels, wanneer God se kinders lyk of hulle in een van die moeilikste posisies moontlik is, doen Hy die onmoontlike! Tydens sulke tye, moet ons die bewuste keuse maak om Hom te glo en dit wat uit ons monde kom, moet wees wat God gespreek het – ons kan nie stilbly nie. Ek glo ons leef in net so ‘n oomblik.

In Psalm 115, skilder die psalmis ‘n droewige prentjie en sê, “Die dode en almal wat na die stilte neerdaal, sal die HERE nie loof nie” (Psalm 115:17). In die Hebreeus beteken “almal wat na die stilte neerdaal,” diegene wat nie kan praat nie. 

Ongeloof kan jou mond toemaak – jou jou spraak, jou lied, jou getuienis, jou gevoel van ontsag vir wie God werklik is, laat verloor. ‘n Storie in die boek Lukas gee ‘n duidelike illustrasie van hierdie tipe vreemde stilte. Die engel van die Here het aan ‘n regverdige priester genaamd Sagaria verskyn en vir hom gesê dat sy onvrugbare vrou, Elisabet, ‘n seun sou hê.

God het gesê, “Ek gaan bonatuurlik optree in jou lewe. Ten spyte van jou gebrek aan vermoë, gaan ek iets soewereins doen, en dit sal mense hulle tot My laat bekeer” (lees die verhaal in Lukas 1:5-22).

Soos Sagaria, is jy dalk so regverdig moontlik – en woon elke biduur by, lees die Bybel getrou, en leef daagliks vir Hom. Maar ons almal kom by ‘n punt van hopeloosheid wanneer ons uitroep tot die Vader, en Hom soek vir antwoorde.

In sulke oomblikke, sal Hy moontlik iets so diep en deurslaggewend spreek, dat dit onmoontlik sou wees selfs om daaraan te dink, tensy God self dit uitvoer. Dit is wanneer jy by ‘n pad van beslissing uitkom. Gaan jy God glo of gaan jy in die swakhede van jou eie hart glo?

Ek dring sterk by jou aan om God se beloftes te glo en om te ontvang wat Hy vir jou voorsien het. Moenie in ongeloof en twyfel terugdeins, soos Sagaria nie.

Carter Conlon het aangesluit by die pastorale personeel van Times Square Church in 1994 op uitnodiging van die stigterspastoor, David Wilkerson en was aangestel as Senior Pastoor in 2001.