‘N ONGELOOFLIKE BELOFTE

Carter Conlon

Psalm 37:25 is ‘n ongelooflike belofte vir dié van ons wat verordineer is om in anti-Christelike tye in die geskiedenis te leef! “Ek was jonk en ek het oud geword, maar nooit het ek ‘n regverdige verlate gesien of dat sy nageslag brood soek nie.” Die regverdige word nooit verlaat nie en ek verseker jou dat jy nie die uitsondering sal wees nie.

Natuurlik is dit belangrik om waar te neem dat die sleutel tot hierdie belofte afhang van die woord “regverdig.” Wanneer ek en jy na Christus toe kom, word ons gegee wat die Bybel noem toegeskryfde geregtigheid. Die beste manier waarop ek dit kan verduidelik, is deur die gelykenis van die verlore seun (sien Lukas 15). Die Bybel sê vir ons dat hierdie seun sy erfenis geneem het en ver weg van sy vader af gegaan het, op dieselfde manier wat baie van ons van God af wegdwaal in ons vroeë jare. Hy het op ‘n plek van hongersnood en hartseer beland en dinge gedoen wat hy nooit gedink het hy ooit sou doen nie. En hoewel hy geweet het dat hy dit nie verdien het nie, het hy eendag bloot opgestaan en teruggegaan huistoe. Toe hy naby die huis gekom het, het sy vader, tot sy verrassing, hom tegemoet gehardloop – hom omhels en vir hom die beste kleed in die huis aangetrek.

Wanneer jy besluit om terug te keer na God toe, kom Hy jou op dieselfde manier tegemoet. Hy omhels jou en beklee jou met die beste kleed – die bloed wat Jesus aan die kruis gestort het twee duisend jaar gelede. God het jou gereinig en vir jou ‘n geregtigheid en vryspraak gegee wat jy nie verdien het nie.

In die gelykenis, het ‘n ring saam met die klere gekom en dit verteenwoordig die krag wat die seun nodig sou hê om die ambassadeur te wees wat sy vader hom geroep het om te wees. Hy was ook ‘n paar skoene gegee – wat dui daarop dat sy geregtigheid en vryspraak ‘n reis sou insluit. Hy was nie geroep om slegs langs die pad te staan en goed te lyk nie. Nee, hy was geroep om op reis te gaan saam met sy vader!

 

Carter Conlon het aangesluit by die pastorale personeel van Time Square Church in 1994 op uitnodiging van die stigter en pastoor, David Wilkerson, en hy is aangestel as Senior Pastoor in 2001.