‘N MAN VAN GELOOF

David Wilkerson (1931-2011)

Abraham is bekend aan die kerk as ‘n man van geloof. Trouens, die Bybel hou hom aan ons voor as ‘n voorbeeld van geloof: “Net soos Abraham in God geglo het, en dit is hom tot geregtigheid gereken” (Galásiërs 3:6).

God het verskyn aan Abram (soos hy toe genoem was) en gesê, “Vrees nie, Abram, Ek is vir jou ‘n skild en jou loon is baie groot!” (Génesis 15:1). God het ook aan Abram belowe dat hy op ‘n “goeie ouderdom” begrawe sou word (sien verse 15). En daar is meer! Op die koop toe, het God belowe dat enigeen wat sou probeer om Abram skade te doen of te vervloek, self vervloek sou word (sien Génesis 12:3).

Geliefde, dit is ontsaglike beloftes: beskerming, ‘n lang lewe, hemelse ingryping. En God het hierdie dinge persoonlik vir Abraham gesê. Hierdie vroom, gelowige dienaar van God was besoek deur die Here self en persoonlike beskerming en ‘n lang lewe sonder vrees of skade belowe. En Abram het God geglo! Hy het vertrou dat die Here hom sou beskut, beskerm en bewaar van alle gevaar.

Jy onthou die storie van hierdie punt af verder. Abram het op God se bevel sy land verlaat – totaal deur geloof. God het vir hom gesê, “Oral waar jy jou voet neersit, sal jou land wees.” Terwyl ons verder gaan met Abram se reis, sien ons hy het ‘n paar misstappe op pad gemaak. Onthou, hy het na Egipte gegaan (‘n fout) en toe gelieg oor sy pragtige vrou Sarai en vir mense gesê sy was sy suster, omdat hy bang was sy sou gesteel word van hom. Trouens, dit het wel gebeur toe Farao haar in sy huis ingeneem het vir ‘n ruk. Hierdie situasie was vinnig reggestel toe God ingegryp het en sy geen skade gely het nie (sien hierdie verhaal in Génesis 12).

God se meesterplan vir Abram het geseëvier ten spyte van sy tydelike gebrek aan geloof en sy klaaglike mislukkings. Net so, wat God ook al beplan vir jou lewe kan nie gestop word nie as jy bloot jou lewe in sy hande plaas. Hy is getrou rakende sy beloftes – selfs wanneer ons nie is nie.