‘N LEWENDE WOORD

Carter Conlon

Ons leef in die laaste dae en die wêreld soos ons dit ken, gaan in ondenkbare duisternis gedompel word. Bybelse profesie word daagliks voor ons oë waar en binnekort sal ons sien hoe Jerusalem omring word deur leërs.

Jesus het gewaarsku dat in die laaste dae, talle valse profete sal opstaan en baie Christene mislei sal word (sien Matthéüs 24:11). Laat my vir jou vertel waarom hulle mislei gaan word: Dit is doodeenvoudig, omdat hulle nie in die Woord van God bly nie! Hulle volg boeke, giere en windmakerige sprekers – maar hulle maak nie die teks van die Bybel oop nie.

Onthou, die Bybel is ‘n lewende Woord. “Die opening van u woord gee lig” (Psalm 119:130). “In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. ... Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat onstaan het nie. ...En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon – en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom – vol genade en waarheid” (Johannes 1:1,3,14). “Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie. Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word”  (Johannes 1:11-12).

Die Woord van God is lewend met die krag om die menslike hart te skep en te herskep. Dit het die mag om sig, vryheid, hoop en krag te gee. En miskien is die belangrikste van alles in hierdie geslag, dat die Woord leiding verskaf. Daar sal ‘n magdom verwarrende stemme deur die hel self gestuur word om die kinders van God te laat dwaal en die luies te verstrik, maar God belowe dat sy Woord ‘n lamp vir ons voet en ‘n lig vir ons pad sal wees (sien Psalm 119:105).

Carter Conlon het aangesluit by die pastorale personeel van Times Square Church in 1994 op uitnodiging van die stigterspastoor, David Wilkerson en was aangestel as Senior Pastoor in 2001.