‘N LEWE WAT TEL

David Wilkerson (1931-2011)

As jy dink jy is te alledaags vir God om te gebruik, luister aandagtig: God sal nie Sy laaste-dag werk doen deur groot-naam evangeliste of herders nie. Hulle alleen sal nie in staat wees om die groot beweging van Sy Gees te hanteer nie. God gaan elke huisvrou, tiener, bejaarde en almal wat Hom liefhet, nodig hê om Sy magtige werk te doen!

Hierdie laaste-dag leër sal bestaan uit Christene wat gespeen is van “brood alleen.” God het deur Moses gesê, “...dat die mens nie van brood alleen lewe nie, maar dat die mens lewe van alles wat uit die mond van die HERE uitgaan” (Deuteronómium 8:3).

Brood staan vir alle natuurlike, materiële dinge, wat noodsaaklik is vir hierdie lewe soos: voedsel, skuiling, klere, arbeid, lone. Met ander woorde, daardie aardse dinge wat ons nodig het en nie op sigself boos is nie.

Maar, menigtes Christene leef slegs vir die dinge van hierdie lewe. Hulle lewens draai om hul werk, hul huis, die rekeninge betaal. En al hul gebede is slegs gefokus op hulle eie behoeftes – hulle lewe van brood alleen.

God is besig om ‘n volk op te rig wat gefokus is op Sy wil vir hierdie middernaguur! Hulle wil gereed en voorbereid in die hart wees omdat God regstaan om sy groot, laaste uitstorting vry te stel!

Johannes die Doper het uitgegaan “om vir die Here ‘n toegeruste volk te berei” (Lukas 1:17). Paulus het ook gepraat van “toeberei vir elke goeie werk” (2 Timótheüs 2:21). En Samuel het vir Israel gesê dat God ‘n nuwe ding vir hulle sou doen, as hulle hul “hart [rig] op die HERE en Hom alleen [dien]” (1 Samuel 7:3).

Wanneer God sy Heilige Gees op die wêreld uitstort, sal mense wat Hom nie ken nie, desperaat wees om iemand te kry om hulle te help. Wanneer God sien jy is gereed, sal Hy groot geleenthede oor jou pad bring en jy sal sy heerlikheid binne-in jou sien lewend word tydens hierdie laaste uur!