‘N LEWE VAN LIEFDE

Jim Cymbala

Wanner baba’s gebore word, kyk die hospitaalpersoneel dadelik vir sekere noodsaaklike tekens van lewe. Goeie asemhaling, ‘n harde skreeu, genoegsame gewig is alles aanwysers van ‘n pasgeborene se sterk fisieke gesondheid. Net so, kan geestelik noodsaaklike tekens van lewe vir ons sê hoe gesond ons is. En die heel belangrikste teken van lewe is liefde.

Wanneer ons weergebore gelowiges in Jesus Christus word, ontvang ons ‘n nuwe hart en gees. Dit is niks minder nie as die Gees van Christus wat in ons woon. Sonder Hom, is daar geen ware Christelike belewenis nie. “Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie”  (Romeine 8:9).

Aangesien die Heilige Gees in ons, God is, en God liefde is, dan is die wese van die een wat in ons woon, goddelike liefde. Geen wonder nie Jesus het gesê, “Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het” (Johannes 13:35).

Toe die apostel Paulus aan die kerk in Kolosse geskryf het, het hy vir hulle gesê hoe hy God gedank het, toe hy te wete gekom het van hulle “liefde tot al die heiliges” (Kolossense 1:4). Let op die geestelike gesondheid van daardie gemeente. Dit was nie gemeet aan bywoningsyfers of manjifieke geboue nie, maar met wat regtig voor God getel het – liefde. En nie net liefde vir sommige mense wat maklik liefgehê word nie, of dieselfde etniese agtergrond het nie. Nee, hy het gejuig in hulle reputasie dat hulle al die kinders van God liefgehad het.

Al te dikwels, as mense “anders” is – menend nie net ons kleur of etnisiteit, of nie deel van ons gemeente of denominasie is nie – raak hulle lot in die lewe selde ons harte. God het Jesus in die wêreld ingestuur wat verskil het, of anders was as Sy heilige natuur, as mens so kon sê. Sy Heilige Gees stel ons in staat om “navolgers van God [te wees] . . . en [te] wandel in liefde, soos Christus ons ook liefgehad het en Hom vir ons oorgegee het as ‘n gawe en offer aan God tot ‘n lieflike geur” (Efésiërs 5:1-2, beklemtoning bygevoeg).

Jim Cymbala het die Brooklyn Tabernacle begin met minder as twintig lede in ‘n klein bouvallige gebou in ‘n ongure deel van die stad. Hy is oorspronklik van Brooklyn en is ‘n jarelange vriend van beide David en Gary Wilkerson.