‘N LEWE GELEEF VOL VAN DIE HEILIGE GEES

Jim Cymbala

Baie Christene het slegs ‘n vae idee van wie die Heilige Gees is. Hulle het dalk van Hom gehoor, maar hulle sukkel om sy rol te verstaan. Hoewel Hy dikwels oorgesien word of miskien selfs afgeskeep word deur baie gelowiges, is Hy net so goddelik soos die Vader en die Seun (Handeling 5:3-4). Beskou hierdie feite:

  • Hy besit ‘n goddelike persoonlikheid en kies mense persoonlik uit vir bedieningsopgdragte (Handelinge 13:2).
  • Hy kommunikeer met ons (Openbaring 2:7) en deursoek die diep dinge van God en maak dit aan gelowiges bekend (1 Korinthiërs 2:9-12).
  • Hy is die een wat Christus ‘n lewende werklikheid maak vir die gelowige (Efésiërs 3:16-17) en om die waarheid te sê, Hy word die Gees van Christus genoem (Romeine 8:9).
  • Hy is gelyk met beide die Vader en die Seun as deel van die verborgenheid van die drie-enige God.

Begrip van hierdie Bybelse waarhede oor die Heilige Gees binne die groter Bybelse storie van wie God is en hoe Hy met sy mense praat, is belangrik.

God se plan met verlossing was dat ons die lewe sou leef, vol van die Heilige Gees. “Moenie dronk word van wyn nie – daarin is losbandigheid; maar word met die Gees vervul” (Efésiërs 5:18). Wanneer jy daaraan dink dat die Heilige Gees ‘n persoon is, die derde persoon van die Godheid, wat beteken dit om vervul te wees met ‘n persoon? Hy is nie ‘n gas of ‘n vloeistof nie, Hy is net soveel ‘n persoon as die Vader en die Seun. So ‘n beter beskrywing van “vervul wees,” is om te sê die Gees beheer ons.

Sou jy daarvan hou om inniger en vryliker lief te hê? Wens jy dat jy meer selfdissipline gehad het? Dra jou lewe en bediening vrug? Vir hierdie dinge om te gebeur, moet jy jou oorgee aan die Helper. Die Heilige Gees is die enigste een wat selfdissipline, liefde en vrymoedigheid in jou kan vorm: “Want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na sy welbehae” (Filippense 2:13).

Jim Cymbala het die Brooklyn Tabernacle begin met minder as twintig lede in ‘n klein bouvallige gebou in ‘n ongure deel van die stad. Hy is oorspronklik van Brooklyn en is ‘n jarelange vriend van beide David en Gary Wilkerson.