‘N JESUS BEGINSEL

Gary Wilkerson

“Is dít nie die vas wat Ek verkies nie: dat julle losmaak die bande van goddeloosheid, dat julle afhaal die stroppe van die juk en vry laat weggaan die verdruktes en elke juk stukkend breek?” (Jesaja 58:6).

God sal iets bonatuurliks vrystel deur gebed en vas. Jesaja 58:10 sê vir ons, as jy “jou siel laat uitgaan na die hongerige, en die neergeboë siel versadig; dan sal jou lig opgaan in die duisternis en jou donkerheid wees soos die middag.”

God sê vir ons dat ‘n ware vas ons ons fokus sal laat verskuif van lewe vir onsself na lewe vir andere; van selfbehep en selfsugtig wees na ‘n lewe leef om die begeertes van die ellendiges te versadig. Diegene wat leef om hulle eie begeertes te versadig, vind hulleself gekortwiek in hulle strewes, gefrustreerd en hulle vind nie die vervulling van die lewe waarna hulle soek nie.

‘n Ware vas gaan nie net oor om jouself te ontsê van kos nie; dit is die idee om jouself aan God toe te wy, en jouself van iets af te sonder sodat jou hart opgewek word om geteisterde mense te help. Dit mag mense oral om die wêreld wees deur sendingwerk of dit kan selfs jou eie familie wees. Jesus was die voorbeeld van hierdie beginsel van ‘n andere-gesentreerde lewe.

“En die HERE sal jou gedurigdeur lei en jou siel versadig in dor plekke en jou gebeente sterk maak; en jy sal wees soos ’n tuin wat goed besproei is en soos ’n fontein van waters waarvan die water nooit teleurstel nie” (58:11). God gee jou sy krag, sy heerlikheid, sy teenwoordigheid wanneer jy begin om vir ander te lewe. En God is die een wat ons die veranderde hart gee om hierdie skuif te laat plaasvind – die skuif van selfgesentreerd te wees na God-gesentreerd en andere-gesentreerd te wees.

As jy die Heilige Gees sal toelaat om van jou hart besit te neem en alle twyfel, vrees en onbehoorlike besorgdheid oor die die dinge van hierdie wêreld af te skud, sal Hy jou verander. Iets bonatuurliks sal gebeur in jou sodat iets bonatuurliks deur jou sal gebeur.