‘N HEERLIKE KERSFEES HERINNERING!

David Wilkerson (1931-2011)

Die krip in Bethlehem praat direk van die opstanding van Christus! Hy was ten volle mens by geboorte – Maria se bloed het Hom gevoed in die baarmoeder – maar sy geboorte was ‘n uitbarsting van die ewige. Ons lees: “Die volk wat in duisternis sit, het ‘n groot lig gesien, en die wat sit in die land en skaduwee van die dood, vir hulle het ‘n lig opgegaan” (Matthéüs 4:16). Die lig waarna hier verwys word, was die ewige lewe – opstanding uit die dood.

Hoséa het die koms van die Messias geprofeteer: “Uit die mag van die doderyk sal Ek hulle loskoop, Ek sal hulle verlos van die dood. Dood, waar is jou pestilensies? Doderyk, waar is jou verderf? Berou bly vir my oë verborge” (Hoséa 13:14). Toe Jesus in die wêreld gekom het, het Hy hierdie profesie vervul en gesê, “Ek is die opstanding en die lewe; wie in My glo, sal lewe al het hy ook gesterwe; en elkeen wat lewe en in My glo, sal nooit sterwe tot in ewigheid nie” (Johannes 11:25-26).

Jesus het gevra, “Weet jy waarom Ek hier is? Weet jy waarom Ek in armoede gebore is, die herders My aanbid het, die wyse manne geskenke gebring het, en die engele daardie nag gesing het? Dit is sodat julle die ewige lewe kan hê.” Ja, Jesus self het sy geboorte verbind aan die opstanding; “Want Ek het uit die hemel neergedaal, nie om my wil te doen nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het... En dit is die wil van Hom wat My gestuur het, dat elkeen wat die Seun aanskou en in Hom glo, die ewige lewe mag hê; en Ek sal hom opwek in die laaste dag” (Johannes 6:38-40, beklemtoning bygevoeg).

Opstandingslewe is reeds beskikbaar vir ons – in hierdie lewe. Ons het hierdie belofte: “Dat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel” (Romeine 6:4).

Laat ons die opstanding in gedagte hou wanneer ons hierdie jaar Kersfeer vier. Laat die beeld van die krip ‘n brug wees – Christus wat die afgrond tussen die aarde en die hemel en ons die ewige lewe saam met ons Redder gee. Wat ‘n heerlike Kersfees herinnering!