‘N HART SOOS CHRISTUS S’N

David Wilkerson (1931-2011)

Het jy al ooit gewonder wat jou doel in die lewe is? Het jy al ooit moedeloos geword omdat jy nie jou ware roeping kan ontdek nie?

Jesus som ons kerndoel op in Johannes 15:16: “Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra.” Ons doel is bloot om vrug te dra. Baie opregte Christene dink om vrug te dra, beteken bloot om siele na Christus te bring, maar om vrug te dra, beteken iets baie meer as siele wen. Die vrug waarvan Jesus praat, is om die gelykenis van Christus te weerspieël.

Om meer en meer na Jesus se gelykenis te verander, moet ons doel in die lewe wees. Dit moet sentraal in ons aktiwiteite, ons leefstyl en ons verhoudings wees. Trouens, al ons gawes en roepings – ons werk, bediening en getuienis – moet spruit uit hierdie kerndoel.

As jy nie ‘n hart soos Christus het nie – merkbaar meer soos Hy word nie – het jy God se doel gemis. Jy sien, God se doel vir jou kan nie vervul word deur wat jy doen of gemeet word deur enigiets wat jy bereik nie. Sy doel is volbring in jou slegs deur wat jy in Hom word, hoe jy verander word na sy gelykenis.

Die dissipels het Jesus op ‘n toer deur die tempel in Jerusalem geneem om vir Hom die grootsheid en heerlikheid van die struktuur te wys, want hulle het gedink Hy sou net so beïndruk wees daarmee soos hulle.  In plaas daarvan, het Jesus vir hulle in wese gesê, “Nie een steen van hierdie tempel sal bly staan nie. Dit lyk alles baie indrukwekkend, maar dit is mensgesentreerd.” Korliks, Jesus het die dissipels se aandag gefokus op die geestelike tempel en Paulus het later vir die kerk geskryf, “Of weet julle nie dat julle liggaam ‘n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is...nie?” (1 Korinthiërs 6:19).

Talle gelowiges vandag is soos die dissipels, beïndruk met die verkeerde dinge, maar Jesus se boodskap is duidelik: ons fokus behoort te wees op ons geestelike tempel. Trouens, die Heilige Gees woon in ons liggame en as ons tyd met Hom deurbring, is Hy gereed om ons op enige oomblik in sy plan in te bring.