‘N GROEIENDE HONGER NA JESUS

Gary Wilkerson

Die apostel Paulus het ‘n kerk in Korinthe gestig en terwyl hy op reis was na Éfese, het hy ‘n brief teruggeskryf aan die kerk.

Die Korinthiese kerk het in verskeie kompromieë verval en het met sonde gesukkel. Ten spyte hiervan, was Paulus so genadig aan die begin van die brief, deur te bemoedig in plaas van om hulle te bestraf.

“Paulus, ’n geroepe apostel van Jesus Christus deur die wil van God, en…aan die gemeente van God wat in Korinthe is, aan die geheiligdes in Christus Jesus, die geroepe heiliges, saam met almal wat die Naam van onse Here Jesus Christus in elke plek aanroep, hulle sowel as onse Here: Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!

“Ek dank my God altyd oor julle vir die genade van God wat aan julle in Christus Jesus gegee is, dat julle in alle opsigte in Hom ryk gemaak is, in elke woord en alle kennis; soos die getuienis aangaande Christus bevestig is onder julle, sodat julle in geen enkele genadegawe agterstaan nie, terwyl julle wag op die openbaring van onse Here Jesus Christus, wat julle ook sal bevestig tot die einde toe, om in die dag van onse Here Jesus Christus onberispelik te wees.

“God is getrou, deur wie julle geroep is tot die gemeenskap met sy Seun Jesus Christus, onse Here” (1 Korinthiërs 1:1-9).

Paulus sê vir die kerk dat hy God elke dag vir hulle dank (1 Korinthiërs 1:4). Maar hy noem Jesus Christus soveel keer! Trouens hy noem Hom tien keer in die verse hierbo – hy is heeltemal obsessief met Jesus wat so lewend in sy hart was.

Het jy ‘n groter honger vir Jesus vandag as vyf jaar gelede? Of selfs verlede week? Is jy net so obsessief oor Hom soos Paulus was, dat Hy jou gedagtes en dade deurdrenk? Indien nie, vra die Heilige Gees om ‘n honger binne-in jou te plaas om meer intiem met Jesus Christus te word.