‘N GEVAARLIKE GEWOONTE

David Wilkerson (1931-2011)

Ek het eenkeer ‘n preek gelewer oor die noodskaaklikheid daarvan om liefde aan diegene naaste aan ons te betoon. Ek het gepraat oor die sondigheid van maklik ergerlik of opgeblase word – en die Heilige Gees het my onder sondebesef gebring oor daardie einste sonde in my eie lewe. Ek het geleer dat wanneer die Heilige Gees praat, is dit raadsaam om te luister. Ek het dit dadelik bely en toe, na baie gebed en God soek, was ek oortuig dat ek oorwinning oor daardie swakheid gehad het.

Ek het “in oorwinning” gelewe vir omtrent vier dae toe ‘n telefoongesprek met ‘n intieme vriend onverwags woede en verontwaardiging in my opgewek het. Ek was so onsteld dat ek skaars op die Here kon fokus en ek het die duiwel beskuldig dat hy my vriend gebruik het om my seer te maak. “God, die duiwel het hom gebruik om my te laat sondig.”

God sou my nie laat wegkom met daardie gesindheid nie en Hy met my gepraat in ‘n kalm, sagte stem, “David, jy gee oor aan die vlees. Jy laat jou vorige hartseer en teleurstellings jou beheer – en wat jy doen, is gevaarlik.”

Dit het my getref dat my ontsteltenis nie die direkte gevolg was van daardie kwetsende gesprek nie, dit was omdat ek teruggeval het in ‘n ou gewoonte wat ek gedink het ek het oorwin – om dinge in my te laat kook (sien Efésiërs 4:26-27). Toe ek dit besef, het ek voor die Here geween, “Sal ek nooit leer nie? U het vir my hierdie boodskap gegee en ek het dit verkondig aan ‘n groot skare mense, maar ek het self nie oorwinning daaroor in my eie lewe nie!”

Ek het gevoel soos ‘n naelloper wat geval het in die resies en het uitgeroep, “Here, ek wil so graag die prys wen om na u beeld te verander te word (sien Romeine 8:29). Na al hierdie jare van saam met U wandel, is ek nog steeds ver daarvandaan af. O, God, ek wil soos Jesus word?”

Gehoorsaam die getroue stem van die Heilige Gees en soek die aangesig van die Here. Jy sal verstom wees oor hoe vinnig Hy jou in oorwinning sal herstel.