‘N GETUIENIS WAARNA DIE WÊRELD SMAG OM TE SIEN

David Wilkerson (1931-2011)

As jy vir die wêreld vertel dat Jesus jou Here en Saligmaker is, ‘n God wat die onmoontlike kan doen, sal hulle kyk hoe jy reageer in onmoontlike situasies. En die duiwel kyk ook toe met die hoop dat jy sal misluk.

Die Psalmis skryf, “o, Hoe groot is u goedheid wat U weggelê het vir die wat U vrees, wat U uitgewerk het vir die wat by U skuil, in teenwoordigheid van mensekinders” (Psalm 31:19). Wat is hierdie groot goedheid wat God weglê vir diegene wat Hom vertrou deur moelike tye? Dit is ‘n ondeurdringbare, heerlike getuienis vir die wêreld dat jou geloof enige situasie kan oorleef.

Ons sien hierdie soort getuienis in Daniël. Sy jaloerse mede-goewerneurs het teen hom saamgesweer en Koning Darius oortuig om gebed te verbied vir dertig dae lank. Daniël was volkome bewus van die straf vir aanhou bid, maar tog het hy geweet die Here sou hom deurdra. Daniël was ongehoorsaam aan die verbod en het aangehou bid, drie keer per dag.

Hoewel Koning Darius Daniël gerespekteer het, was hy deur sy eie dekreet verplig om hierdie toewgewyde man in die leeukuil te gooi. Die koning hom verseker, “Mag jou God wat jy gedurigdeur vereer, jou verlos!” (Daniël 6:17). Daardie nag kon die koning egter nie slaap nie.

Ons weet hoe God op Daniël se geloof gereageer het - hy het die bekke van daardie honger leeus toegesluit! Die volgende oggend, was Koning Darius vroeg op, angstig om te sien of God Daniël se gebede beantwoord het. Jy kan jou indink die koning se blydskap toe hy Daniël se stem hoor God prys (6:22-23).

Weens hierdie groot demonstrasie van God se bewarende krag, het Koning Darius ‘n dekreet geskryf wat ‘n hele koninkryk geraak het: “Hulle...moet bewe en sidder voor die God van Daniël, want Hy is die lewende God” (Daniël 6:26-28).

Die wêreld smag steeds daarna om ‘n getuienis van God se groot krag te sien in die lewens van diegene wat sy Naam verkondig – diegene wat glo wat hulle verkondig en nooit sy Woord in twyfel trek nie.