‘N GESONDER KERK

Gary Wilkerson

Paulus, ‘n herder, ‘n ouderling en ‘n apostel, het ‘n kerk in Korinthe gestig. Hy was innig lief vir die mense in sy gemeente en het ‘n spesiale boodskap vir hulle gehad: “En al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie” (1 Korinthiërs 13:3).

Paulus het dikwels onderrig aangaande leerstellige sake, maar hierdie keer, het hy direk gepraat met “familie” – die mense wat plaaslik byeengekom het. Hy het by hulle aangedring om gesonde gelowiges te word en hy wou hulle verseker dat hy hulle innig liefgehad het – soos hulle veronderstel was om mekaar lief te hê. Die wêreld is vol verdeeldheid en verwerping, so, nuwe gelowiges moet iets in die kerk beleef wat heeltemal anders is.

Vir sommiges, is dit makliker om die inwoners van Afrika of Indië of China lief te hê as iemand anders in hulle eie kerkliggaam. Mense het probleme en hulle is nie altyd getrou en liefdevol en vergewensgesind nie. So, dikwels is dit moeilik om aan te hou om hulle lief te hê met die liefde van Christus – maar dit is wat God ons roep om te doen. En dit is waarvan Paulus praat. Jy kan jouself uitput deur te evangeliseer in jou stad met die passie en ywer van ‘n sendeling, maar as jy nie diegene rondom jou liefhet nie, is dit alles oneffektief.

Ons kan bekeerlinge van Christenskap maak, maar in ons harte moet ons liefde hê vir mekaar. Ek smag dat alle Christene ‘n evangeliese, aan-die-brand passie sal hê om die verlorerenes en armes en behoeftiges te bereik, maar ek smag ook daarna om hulle vol liefde te sien. Hoe meer ons ernstig streef om die Liggaam van Christus te wees waaroor Paulus hier onderrig het, hoe gesonder word die kerk en, net so, hoe gesonder word nuwe dissipels.

Gesondheid is aansteeklik, net soos siekte aansteeklik is, so laat ons poog om die liefde en blydskap van die Here uit te dra aan diegene rondom ons.