‘N BONATUURLIKE BESOEK

David Wilkerson

Ek is oortuig die Here probeer deurdring tot Sy mense soos nog nooit tevore nie.

Soos die Skrif voorspel, het die duiwel neergedaal met groot toorn, met die wete dat sy tyd kort is (sien Openbaring 12:12). En huidiglik benodig God se mense ‘n groot uitstorting van die Heilige Gees, ‘n bonatuurlike aanraking wat selfs groter is as die een by Pinkster.

Dink daaraan: Jesus se volgelinge by Pinkster het nie nodig gehad om kernwapens te vrees nie. Hulle het nie homoseksuele huwelike in die hoofstroom samelewing beleef nie. Hulle het nie gebewe terwyl die hele wêreldekonomie gewankel het op die rand van ineenstorting nie. Dit is duidelik ons het Heilige Gees krag nodig om hierdie laaste dae te beleef – dit is so eenvoudig.

ONS HARTSGEROEP

Die geroep wat vandag nodig is, was gehoor in Jesaja se tyd:

“As, as U maar die hemele wou skeur, wou neerdaal, dat die berge wankel voor u aangesig . . . om u Naam aan u teëstanders bekend te maak, sodat nasies voor u aangesig kan bewe . . . Van ouds af tog het niemand dit gehoor of verneem nie, geen oog het ‘n God gesien wat werksaam is vir wie op Hom wag nie, behalwe U” (Jesaja 64:1,2-4).

Waar het hierdie roepstem vandaan gekom? Dit was geuiter deur ‘n profeet wat bedroef was oor die traagheid van God se mense, ‘n man wat duidelik geweet het wat nodig was: ‘n bonatuurlike besoeking van die Here. Jesaja het in wese gesê, “Here, ons kan nie so aangaan met dieselfde dooie godsdienstige roetine nie. Ons het ‘n aanraking van U nodig, soos wat ons dit nog nooit geken het nie.”