‘N BEWESE GELOOF

David Wilkerson

Wanneer ons die eerste keer van Abraham lees, vra God hom om sy familie te neem en op te pak om na ‘n onbekende bestemming te reis. Dit moes ‘n ongelooflike toets vir Abraham, sowel as vir sy geliefdes gewees het. Tog het Abraham in geloof gehoorsaam. Hy het tussen vreemdelinge in vreemde lande gebly –  ongedeerd en geseënd – en hy was verlos van elke krisis deur bonatuurlike drome en visioene wat die Here aan hom gegee het.

KYK NA DIE STERRE

Op een stadium, het God vir Abraham beveel om na die sterrehemel op te kyk terwyl Hy vir hom sê: “Kyk nou op na die hemel en tel die sterre as jy hulle kan tel...So sal jou nageslag wees” (Génesis 15:5). Met ander woorde: “Abraham, dit is hoe baie kinders, kleinkinders en afstammelinge jy gaan hê. Hulle sal soveel soos die sterre wees.”

Wat ‘n verstommede belofte! Hierdie woord aan Abraham was meer as wat enige menslike verstand kan verstaan. Wat was Abraham se reaksie op hierdie belofte?” “En hy het in die HERE geglo” (Génesis 15:6).

DIE LOON VAN ONWRIKBARE VERTROUE

Wat was die resultaat van Abraham se geloof? Wat het sy innige, blywende vertroue in God se oë beteken? Ons vind die antwoord in een vers:

“En hy het die HERE geglo; en Hy het hom dit tot geregtigheid gereken” (Génesis 15:6, kursief myne).

Keer op keer het Abraham sy geloof in God geplaas en hy was regverdig geag in die Here se oë.

Teen die tyd dat Abraham 100 jaar oud was, het hy ‘n leeftyd van buitengewone toetse van geloof beleef. Deur dit alles heen, sê die Skrif dat hy God vertrou het. En nou sê die Here van hierdie getroue, gehoorsame man:

“Want Ek het hom verkies, dat hy aan sy kinders en sy huis ná hom bevel sou gee dat hulle die weg van die HERE moet hou om geregtigheid en reg te doen” (Génesis 18:19).

Sien jy wat God self van hierdie man sê? Hy verklaar, “Ek vertrou Abraham. Hy het sy geloof bewys.”